Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Ekspo spesiaal vir buitelugmense
x
Pak solank jou tent en bespreek jou kaartjies vir die kykNET se Buite-ekspo wat van 2 tot 4 Augustus gehou word. Foto: Pexels

As jy hou van kampeer en die buitelewe, sal jy plan moet maak om uit te kom by kykNET se Buite-ekspo Limpopo wat van 2 tot 4 Augustus by die Sondela-natuurreservaat en Spa net buite Bela-Bela aangebied word.

Hier kan jy vir ’n hele naweek in ’n veilige plaasomgewing saam met jou vriende en familie kampeer – of net opdaag as ’n dagbesoeker – terwyl julle die jongste aanbiedings in die kampeer- en buitelugbedryf ontdek.

Die naweek in die Bosveld gee jou die geleentheid om jou batterye te herlaai en sommer ’n hele paar blink idees te kry by ander kampeerders om jou tentpenne in die toekoms nóg beter in te slaan.

Daar gaan uitstallings wees van woonwaens en kampeertoerusting en ’n program propvol aktiwiteite vir elke lid van die gesin, waaronder prettige kindervermaak vir die kleingoed.

Dagbesoekers is welkom, maar vir diegene wat die hele naweek wil uitspan, is daar verblyfgeriewe wat wissel van chalets tot kampeerplekke.

Die naweek in die Bosveld gee jou die geleentheid om jou batterye te herlaai en sommer ’n hele paar blink idees te kry by ander kampeerders om jou tentpenne in die toekoms nóg beter in te slaan.

Vir adrenalienverslaafdes is daar onder meer helikoptervlugte, perderitte en lekker uitdagende bergfietsroetes.

Vermaak vir almal

Franja du Plessis (Foto: Deaan Vivier)
Pieter Smith
Willem Botha

’n Snuffel- en kunsmark, ’n verskeidenheid eetgoed en vermaak deur kunstenaars soos Pieter Smith, Ruan Josh en Franja du Plessis, Willem Botha, Chereé en Jan Rhaap bied jou die geleentheid om jou das los te knoop en jou tekkies (of dansskoene!) aan te trek.

En wat is dan lekkerder as om laataand, wanneer die son water trek, jou vuurtjie te pak en ’n vleisie op die kole te gooi?

KOOP JOU KAARTJIES HIER!

Kaartjies vir die geleentheid is by die hekke beskikbaar of kan vooraf aanlyn by Computicket of by enige Money Market-toonbank in Shoprite/Checkers-winkels gekoop word.

Besoek www.ekspo.co.za vir meer inligting.

Meer oor:  Kyknet  |  Buite Ekspo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.