Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Emigrasie: Dié drie lande is gewildste vir SA rykes
In die afgelope vyf tot ses jaar het duisende Suid-Afrikaners hul tasse gepak en vrywillig oorsee verhuis. Foto: ISTOCK

Suid-Afrika het in net vyf jaar meer as 6 000 ryk en ultra-ryk burgers verloor wat die land vrywillig vaarwel toegeroep het om elders ’n heenkome te vind.

Die getal Suid-Afrikaners aan die toppunt van die rykdom-leer het van 2015 tot 2020 met 12% ingekrimp, luidens die nuutste Knight Frank Wealth-verslag.

In 2015 was daar 50 823 dollarmiljoenêrs in die land, maar teen 2020 het die syfer tot 44 605 gedaal.

Dit beteken duisende Suid-Afrikaners in dié inkomstegroep het sak en pak uit die land padgegee.

Aan die begin van 2015 was daar 910 superryk Suid-Afrikaners – mense wat bates van meer as $30 miljoen het – maar teen verlede jaar was daar net 742.

Redes vir emigrasie

Ralph Wichtmann, ’n konsultant van Sovereign Trust, sê politieke onstabiliteit, probleme met veiligheid en onderwys, te min werkgeleenthede en ’n wispelturige rand is van die vele redes wat dié individue gee wanneer hulle Suid-Afrika as hul permanente tuiste prysgee.

Van die faktore wat ander lande vir mense in die algemeen aantreklik maak, is ’n veilige heenkome vir hul gesin, goeie mediese sorg en gratis of bekostigbare onderwys vir kinders.

“Expat”-belasting

Volgens Wichtmann speel belasting ook ’n baie groot rol in hoë inkomste-verdieners se besluit oor die opsie om te bly of te gly.

Die inkomstebelastingwet is verlede jaar gewysig en sedert 1 Maart 2020 word Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk, op ’n inkomste van meer as R1,25 miljoen belas.

Voorheen het Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk, nie belasting op daardie inkomste betaal nie indien hulle langer as 183 dae in enige 12 maande en meer as 60 dae aaneen in die buiteland gewerk het.

Hoewel die bedrag van R1,25 miljoen dalk ruim lyk, moet in ag geneem word dat dit enige byvoordele en toelae insluit wat voorheen ook nie belas is nie, sê Wichtmann.

“Boonop betaal baie Suid-Afrikaners wat oorsee geld verdien, reeds belasting in hul gasheerland.”

Die koers word volgens Suid-Afrika se belastingtabelle bereken en kan selfs 45% wees.

“Die instelling van die ‘expat’-belasting het baie Suid-Afrikaners wat die land verlaat het, maar dit nog nie formeel as emigrasie afgehandel het nie, ook laat wonder of dit nie beter sal wees om eerder net te emigreer nie.”

Gewilde lande onder Suid-Afrikaners wat wil emigreer

Daar is veral drie lande wat Suid-Afrikaners sterk oorweeg as gunstige alternatiewe.

Wichtmann sê Brittanje, Portugal en Australië is boaan die lys van lande waarheen Suid-Afrikaners wil emigreer.

Brittanje bly ’n baie gewilde bestemming vir Suid-Afrikaners wat op die uitkyk is na meer en beter werkgeleenthede oorsee.

Die land bied ook onderwys van hoogstaande gehalte en ’n goeie lewenstandaard is moontlik.

Australië het volgens hom ’n gesonde ekonomie en ’n diverse bevolking.

Teen die einde van Junie 2018 het 189 230 gebore Suid-Afrikaners in Australië gewoon. Dit is 46,9% meer as wat dit tien jaar tevore, op 30 Junie 2008, was.

“Die land se goeie gesondheidstelsel en onderwys maak dit steeds een van die aanloklikste lande waarheen Suid-Afrikaners graag wil emigreer.”

Portugal is een van die gewildste Europese lande vir veral families wat op soek is na permanente verblyf in die Europese Unie.

Die land se duidelike en deursigtige belastingreëls en goeie infrastruktuur, tesame met ’n gunstige klimaat, maak daarvan ’n baie gewilde bestemming.

  • Liana Mocke is ’n sakejoernalis.


GEBORG

Immigration South Africa

Belê vandag in die pragtige Six Senses La Sagesse in Grenada om alternatiewe burgerskap vir jou en jou gesin te verseker. Die beleggingsvereistes is USD220 000.* Paspoorte word gewoonlik binne 90 – 120 dae na indiening van jou aansoek uitgereik. Jy is dan geskik om aansoek te doen vir ’n E2-visum vir Amerika. Jy kry familie-insluiting vir jou eggenoot, kinders, jou ouers en enige ongetroude broers en susters en kan visumvry na meer as 130 lande reis. Jou burgerskap kan aan toekomstige geslagte oorgedra word en jy kan jou belegging na vyf jaar herverkoop, terwyl jy steeds jou Grenada-paspoort behou. Jy kry dus volledige buigsaamheid met geen verblyf- of besoekvereistes nie.

*Regerings-, regs- en prosesseringsfooie uitgesluit. Vir meer inligting klik hier.

Malta Invest

Malta en Ciprus is hervestiging- en beleggingsbestemmings vir talle Suid-Afrikaners. Baie Suid-Afrikaners oorweeg dit om te verhuis, ’n plan B te hê indien dinge skeefloop of om hul portefeulje te internasionaliseer. Malta sowel as Ciprus bied bekostigbare verblyf- en burgerskapprogramme asook eiendomsbeleggings en bied die mees lewensvatbare opsie vir diegene met geld om te belê. Voordele sluit toegang tot die Europese Unie, Engelssprekende, veilige en stabiele lande, hoëgehalte gesondheidsorg en opvoeding asook ’n aantreklike belastingstruktuur in. Deur Malta se noukeurig uitgesoekte vennootnetwerk, verleen hulle hulp met alle aspekte van hervestiging, belegging in eiendom of om werk te kry. Vir meer inligting skakel 083 264 2281 of stuur e-pos na mandy@maltainvest.co.za of mandy@cyprusinvest.co.za.

Kotze Law

Emigrasie na Australië kan ’n ingewikkelde proses wees. Dit kan stresvol en tydrowend wees om vir ’n visum aansoek te doen. Jy kan self die proses begin en afhandel, of gebruik maak van die dienste van ’n migrasie-agent of immigrasie-prokureur om jou deur hierdie proses te help. Migrasie-agentskappe in Australië moet by MARA geregistreer wees. ’n Geregistreerde agent kan raad gee oor visumvereistes, help met die indiening van visumaansoeke en namens jou kommunikeer met die departement van binnelandse sake. Die eienaars van Kotze Law in Australië is prokureurs en geregistreerde migrasie-agente. Karen Kotze is ’n Suid-Afrikaanse prokureur en ’n geregistreerde migrasie-agent in Australië. Deel van hulle span is ook adv. Jannie Kotze, ’n Suid-Afrikaanse advokaat en Australiese prokureur en advokaat, en Dejan Kotze, ’n Australiese prokureur. Vir meer inligting stuur e-pos na info@kotzelaw.com.au.

Meer oor:  Oorsee  |  Emigrasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.