Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Hoe Samsung Pay jou slimfoon in ’n beursie verander

Samsung Pay is gevestig as Suid-Afrika se mobielebeursie-betaaloplossing wat wyd gebruik word deurdat die onlangse mylpaal van drie miljoen transaksies bereik is. Sy gewildheid word bevorder daardeur dat die meeste winkels dit aanvaar en dit vennootskappe met die meeste banke in die land het. 

Sy geweldige voordele by aankope het onlangs in die kollig gekom omdat die minimum menslike kontak nodig is om veilige betalings te maak. Dit is ’n eenvoudige en gemaklike oplossing wat op meer as 40 Galaxy-toestelle en -horlosies beskikbaar is. Dit is ’n nuwigheid gemaak vir die nuwe normaal.   

Jy kan omtrent oral en met al die gemak in die wêreld* met Samsung Pay betaal. Gebruikers kan hul bank- en winkelkaarte op die app aflaai, wat ’n einde aan ’n bultende beursie vol kaarte sal maak. Samsung Pay het eksponensieel uitgebrei omdat dit veiliger is as om tradisionele kaarte rond te dra en dit is op Samsung se Knox-beskermde slimfone en Galaxy-horlosies – van premium slimfone soos die Galaxy Note20 tot die middelslag-A-reeks slimfone, selfs tot Samsung Galaxy-horlosies – beskikbaar is. 

Buiten veiligheid en gemak bied Samsung Pay ook ’n rits ander voordele. Dit bied maandeliks kompetisies aan, waarmee kliënte pryse kan wen deur bloot in hul gunsteling-winkels deur middle van Samsung Pay te betaal. Samsung Pay is ook beskikbaar op die Gautrein sodat jou reis glad en met gemak kan verloop. Daarbenewens kan kliënte ook voorafbetaalkrag, selfoon-lugtyd/data, speletjies en stomingsdienste soos Netflix, Showmax en Spotify betaal.

Die app bied ook ’n Newsstand-subskripsie, wat jou toegang tot duisende koerante en tydskrifte teen ’n maandelikse paaiement van R90 gee. Kliënte kry dan onmiddellike toegang vanaf enige toestel tot veelvuldige titels plaaslik en internasionaal, wat ’n rakwaarde van sowat R45 per tydskrif het en kategorieë motors, kuns, gesondheid, sport, familie, finansies en vermaak, om maar net ’n paar te noem, insluit. 

Jy kan nou jou bank- en lojaliteitskaarte op die uitgebreide lys van toestelle hier onder laai en die vryheid geniet om sonder ’n beursie inkopies te doen. Besoek www.samsung.com/za/samsung-pay om die uitgebreide verskeidenheid van ondersteunende bankvennote te besigtig.   

Samsung Pay kan op die volgende toestelle gebruik word: Galaxy Z Fold2, Galaxy Fold, Galaxy Z Flip, Note20 Ultra 5G, Note20 Ultra, Note20 5G, Note20, S20 Ultra, S20+, S20, S20 FE, S10+, S10, S10e, Note10+, Note10, Note10 Lite (NFC only), Note9, Note8, S9+, S9, S8+, S8, S7 Edge, S7, A9, A80, A8, A71, A70, A7 (2017), A51, A5 (2017), A31, A30s, Galaxy Watch 3, Galaxy Watch, Watch Active, Watch Active2, Gear S3 and Gear Sport 


* 97% aanvaardingskoers wat op plaaslike proeflopies met versoenbare slimfone gegrond is. Versoenbare en draagbare slimfone (slegs NFC) sal laer aanvaardingskoerse hêaangesien dit slegs by kontaklose terminale gebruik kan word.

 


Meer oor:  Promosie  |  Samsung Pay
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.