Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Idees vir drankies en doendinge dié vakansie

As jy nog wonder wat om hierdie Desember te doen of drink, is hierdie idees vir jou!.

Claro Vodka

As ’n driedubbele gedistilleerde, mikro-batch, premium vodka, is Claro Vodka van die beste gehalte.

Jy kan hierdie vakansie Claro Vodka geniet – skoon of in ’n mengeldrankie. Foto’s: VERSKAF

Dit is ’n neutrale spiritus wat sy bepalende eienskappe kry uit die proses waarin die produk versag en verdun word. Hulle gebruik die skoonste, mineraalryke waterbron in Suid-Afrika, Schoonspruit. Die smaak en mondgevoel is onmiskenbaar.

Claro Vodka is een van die nuutste vodkas in die Suid-Afrikaanse mark. Gefokus op die uniekheid van ’n neutrale vodka, is Claro nie net lekker om skoon te geniet oor ys nie, maar ook die ideale stapel vir ’n heerlike mengeldrankie.

Dié produk is nog net ’n maand op die mark en spog reeds met twee goue medaljes vir gehalte – beslis ’n goeie Kersgeskenk vanjaar.

Dit is reeds toegedraai in ’n pragtige verpakking en dit maak van Claro die regte stopper vir enige Kerskous.

  • Stuur gerus ’n e-pos vir bestellings en meer inligting aan Lydia by lydia@wednesdaybeverages.co.za

Middelvlei

In die hartjie van die Stellenbosse wynland kan jy by Middelvlei gaan kuier waar gasvryheid en ’n plaasatmosfeer heers. Hier bied hulle ’n onvergeetlike ervaring vir die hele familie.

Gaan kuier by Middelvlei om hul Boerebraai te geniet.

Deur die jare het Middelvlei se wyne reeds baie pryse ontvang en daarmee die gehalte en tradisie van die prag-familieplaas volgehou.

Die plaas is egter nie net bekend vir hul wyne nie, want Middelvlei is ook ’n gewilde bestemming vir hul Boerebraai-middagetes – ’n unieke buitelug-braai-ervaring wat deur mense van alle ouderdomme geniet word.

Hier braai die plaaslike braaikenner die tjops, boerewors en hoendersosaties tot perfeksie terwyl jy terugsit, ontspan en van die wyne geniet.

Terwyl ma en pa ontspan, kan die kinders in die sandput speel, die plaasdiere voer, die buitelug geniet en selfs hul eie malvalekkers braai.

  • Besoek www.middelvlei.co.za vir meer inligting.

Neethlingshof

Van 16 Desember tot 15 Ja­nuarie kan gaste op weeksdae van 09:00 tot 19:00 en oor naweke en op openbare vakansiedae van 10:00 tot 18:00 op Neethlingshof ontspan en al die glanspunte van die landgoed geniet.

Geniet pizza en wyn by Neethlingshof se Salt Road.

Bespreek ’n keldertoer of een van die vele wynproe-opsies, daar is selfs opsies wat verskillende kosse insluit en ook ’n proe vir die kinders.

Salt Road by Neethlingshof in Stellenbosch bedien van Woensdag tot Sondag smullekker pizzas, ligte etes en heerlike nageregte. Of bederf jouself met ’n koffie by 18 Coffee Roastery, wat pas oopgemaak het en besit en bestuur word deur drie Blitsbokke. Wie weet? Miskien is jy gelukkig om ’n koppie koffie te geniet saam met die nimlike Philip Snyman, Kyle Brown of Cecil Afrika. Hulle is daagliks oop van 07:30 tot 15:00.

  • Woensdae van 18:00 tot 20:00 is dit weer Wine Down Wednesday met musiekvermaak in die wyntuin. Kontak info@neethlingshof.co.za of 021 883 8975, of besoek www.neethlingshof.co.za vir meer inligting.

Seven Oaks

Gedurende die feestyd kan jy enige tyd by Seven Oaks in die Breedekloof aanklop om hul wyne te proe en te koop.

Doen jou wynaankope by Seven Oaks tydens ’n Breedekloof-besoek.

Jy kan op enige dag hul bekroonde wyne gaan geniet, wat ’n heerlike Cap Classique en ’n beperkte hoeveelheid van ’n lig gehoute chenin blanc insluit.

Hulle gaan ook in die feestyd hul Seven Oaks Halfdosyn (6+1)-promosie hê wat direk van die proelokaal gekoop kan word. Dit behels die koop van ’n boks met ses van dieselfde wyne en dan kry jy ’n ekstra bottel gratis.

Daar is ook die Seven Oaks-Kersboks wat ’n gemengde boks wyne vir R535 is en gratis afgelewer kan word in Kaapstad (vir ’n minimum van twee bokse).

Hulle sal van 14 Desember tot 9 Januarie gedurende die feestyd oop wees van 10:00 tot 15:00, behalwe Sondae en op openbare vakansiedae.

Onthou om vooraf te bespreek vir wynproeë vir groepe.

  • Besoek www.sevenoaks.co.za of kontak jacqui@sevenoaks.co.za vir meer inligting en besprekings.


Geborg
Hierdie plasings is promosie deur die betrokke kliënte. Versnit sal elke week hierdie tipe opsies vir jou somervakansie deel. Stuur ’n e-pos aan sblom@dieburger.com om jou aanbiedinge te adverteer.
Meer oor:  Idees  |  Doendinge  |  Vakansie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.