Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Internasionale geleenthede vir groei op eie bodem

Met ’n bewese sakemodel, strategiese eiendomme en aanloklike belastingvoordele, is 12Cape ’n aantreklike opsie vir langtermynbeleggers.

12Cape beskik oor “aparthotels” wat ’n uitstekende keuse vir sakereisigers en toeriste is.

Vir die oordeelkundige belegger bied 12Cape voordele wat moeilik is om te ignoreer. Soos in die geval van ander Artikel 12J-Fondse, word beleggers toegelaat om hul beleggings teen hul belasbare inkomste vir die jaar te verreken.

Beleggingskapitaal word gerig op sek­tore in die ekonomie wat werksgeleenthede en ekonomiese groei bevorder. 12Cape ontplooi kapitaal in “aparthotels” in die gesogste dele van Kaapstad – ’n wêreldwye gunsteling – wat onder die handelsmerk Latitude bedryf word. Latitude Aparthotels, wat deur 12Cape beleggers besit word, is ’n trotse plaas­like handelsmerk met plaaslike temas, meubels en kuns.

Hierdie verblyfopsie is vinnig besig om ’n voorkeurvorm van verblyf vir sakereisigers sowel as toeriste te word. Volgens Bloomberg: “Thanks to a new, hybrid concept that’s taking the hospitality world by storm, it’s possible to get the best of both worlds. Meet the boutique aparthotel. It’s half-apartment, half-hotel, but 100% ready for your Instagram feed”.

Syfers uit die Verenigde Koninkryk en Ierland – waar “aparthotels” viervoudig toeneem (gemeet aan bestaande voorraad wat ’n breukdeel uitmaak van die totale toekomstige bouprojekte, Lambert Smith Hampton, 2019) – bevestig dié tendens.

Kaapstad is ook onlangs deur Big 7 Travels aangewys as “One of the Best Cities for Remote Working”. Die “WFH”, oftewel “werk-vanaf-jou-huis” tendens, is deur Covid-19 bespoedig en word toenemend onder groot maatskappye as die nuwe norm aanvaar.

12Cape glo die tendens is hier om te bly, en daarom is die Latitude Aparthotels met vinnige, onbeperkte WiFi, werksruimtes en raadsale uitstekend vir afstandwerk. Hulle ervaar reeds dat ’n toenemende aantal plaaslike en buitelandse gaste die Latitude Aparthotel kies om hul werk – waar ook al in die wêreld – gedoen te kry.

Dit is dus nie verbasend dat 12Cape se Latitude Aparthotel in Seepunt, Kaapstad, hoë besettingsyfers ervaar het sedert die deure in November 2019 oopgemaak het nie (’n mediaan maandelikse besetting van 86% vir die eerste 12 maande, ten spyte van die uitdagings meegebring deur Covid-19).

Hulle verwag dat ’n groeiende komponent van toekomstige dividende (uit verblyfinkomste) toegeskryf sal word aan internasionale besoekers wat valuta-inkomste vir 12Cape-beleggers genereer. Beleggings word ook ondersteun deur die waarde van die onderliggende eiendomme. Daar word verwag dat beleggers in 12Cape oor die langtermyn kapitaalgroei sal verdien wat tred hou met dié van vaste eiendom in strategiese dele van Kaapstad, sonder die groot kapitaaluitleg wat gewoonlik benodig word om individuele eiendomme te bekom.

12Cape Bpk. is ontwerp om aan beleggers ’n aantreklike langtermyn verhouding tussen opbrengs en risiko te bied terwyl hulle werksgeleenthede skep en buitelandse kapitaal na Suid-Afrikaanse bodem lok.

Skakel 12Cape by 021 434 0072, stuur e-pos na info@12cape.com of besoek www.12cape.com vir meer inligting.

12CAPE is ’n geregistreerde finansiële diensverskaffer (FSP 48880).

Meer oor:  Promosie  |  12Cape  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.