Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Karoo Suite by Kaapse inryteater uitgestel tot vroeg 2021
Coenie de Villiers en Deon Meyer se gewilde Karoo Suite-tweeluik, wat op 10, 12 en 13 Desember aangebied sou word, is uitgestel tot 2021.

Deon Meyer en Coenie de Villiers se gewilde Karoo Suite-tweeluik, wat op 10, 12 en 13 Desember 2020 by Atlantic Studios se inryteater aangebied sou word, word aangeskuif na 2021. Dié besluit is genoodsaak deur die skerp toename in Covid-19-infeksies waarmee die Wes-Kaap tans worstel.

De Villiers sê: “Die erns van die pandemie kan nie genoeg beklemtoon word nie. Dit is ons burgerlike plig om alles binne ons vermoë te doen om die pandemie hok te slaan. Hou asseblief die media dop vir die uitgestelde datums van die vertonings.”

Volgens prof. Brian Figaji, die Suidoosterfees-direksievoorsitter, is alle goeie dinge die moeite werd om voor te wag. “In die lig van die huidige situasie in die Wes-Kaap en die aandklokreël wat heringestel gaan word, is ons genoodsaak om die produksie uit te stel. Die Suidoosterfees en sy vennote – die Jakes Gerwel Stigting, KKNK, CTMA en Atlantic Studios – bly verbind tot die projek. Ons wil graag beklemtoon dat die vertonings uitgestel en nié afgestel word nie.”

Indien jy reeds kaartjies vir die vertonings gekoop het, kontak Computicket direk vir terugbetalings, of kontak die Suidoosterfees-kantoor deur e-pos te stuur na Francois.Abrahams@media24.com om kaartjies aan te skuif na die 2021-aanbiedinge. Alle feesgangers wat reeds kaartjies gekoop het, sal van die nuwe datums in kennis gestel word sodra dit gefinaliseer is. Nuwe datums sal ook in die media en op die projekvennote se sosialemediaplatforms aangekondig word.

Dan Plato, Kaapstad se uitvoerende burgemeester, stel inwoners en besoekers gerus dat aanbiedinge sal voortgaan sodra die Covid-19-veiligheidsrisiko’s verminder het. “Ons is bewus van die enorme druk waaronder die kunstebedryf verkeer en bly verbind tot die lewering van grensverskuiwende werk saam met die Suidoosterfees.”

Deon Meyer en Coenie de Villiers beywer hulle lank reeds vir die ontwikkeling van jongmense met potensiaal. Opbrengs uit kaartjieverkope sal aangewend word om die Suidoosterfees en die Jakes Gerwel Stigting se liriekskryf-mentorskapprogram uit te brei met werksessies wat voortaan ook in die Karoo en in Kaapstad aangebied sal word. As deel van dié ontwikkelingsprogram kry liriekskrywers die geleentheid om by die Suidoosterfees en KKNK op te tree.

Vir meer inligting, kontak gerus vir Francois Abrahams by die Suidoosterfees deur e-pos te stuur na Francois.Abrahams@media24.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.