Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Krone 6: Ontmoet die orkes!

Dit is vir die kunstenaars wat in die Krone-konsertreeks optree een van die lekkerste dinge onder die son om die verhoog met ’n orkes te deel. Maar wie is dié talentvolle span wat vir die lewendige musiek sorg?

Sean Butler is nie alleen die musiekregisseur vir Krone 6 nie, maar speel ook die klavier. “Juan Floors Oosthuizen speel die elektriese kitaar, Denny Lalouette die baskitaar, Vinnie Henrico die tromme en Raymond Green die kitaar,” sê Butler.

Ricus Nel kielie die krismiswurm. Foto: Verskaf

Die talentvolle Ricus Nel sing nie net nie, maar is ook deel van die orkes. Hy speel nie minder as 13 instrumente nie, wat wissel van kitaar en banjo tot konsertina en bekfluitjie.

Hy speel nie minder as 13 instrumente nie, wat wissel van kitaar en banjo tot konsertina en bekfluitjie.

Butler sê dis ’n lekker uitdaging vir die orkes om saam na die Krone-konserte, wat in Kaapstad en Pretoria gehou word, te reis.

Die vertoning word voorafgegaan deur baie dae se harde werk en repetisies. “Dis lang ure van fokus en bladlees, maar as die vertoning eers aan die gang is, is dit die lekkerste gevoel nog!”

Baie koffie

Vanjaar se Krone 6-konsert bied ’n groot uitdaging aan die orkes. Hulle moet ongeveer 110 liedjies inoefen, wat uit ’n paar keurspele bestaan. Elke vertoning is sowat drie en ’n halfuur lank en vanjaar word nie minder nie as vyf Krone-konserte aangebied.

Raymond Green is een van die orkeslede wat die mus
Raymond Green is een van die orkeslede wat die musiek verskaf vir Krone 6. Foto: Verskaf.
Denny Lalouette speel baskitaar Foto Verskaf
Denny Lalouette speel baskitaar Foto: Verskaf

Waar kry hulle die energie vandaan om dié pas vol te hou? “Ons drink ontsettend baie koffie en hou ons oog op die bal!” sê Butler laggend. “Om mense deur ons musiek te kan dien bly die grootste gawe vir ons as musikante.”

Vinnie Henrico speel in die orkes vir Krone 6. Fot
Vinnie Henrico speel in die orkes vir Krone 6. Foto Verskaf.
Sean Butler, musiekregisseur van Krone 6. Foto Ver
Sean Butler, musiekregisseur van Krone 6. Foto Verskaf.
  • As jy nog nie jou kaartjies vir die Krone 6-konsert gekry het nie, bespreek nou, want dit verkoop fluks. Die konserte op Saterdag 17 Augustus in Pretoria en op Saterdag 3 Augustus in Kaapstad is reeds uitverkoop.

Koop jou kaartjie nou!

Kaartjies is nog beskikbaar vir Krone 6 op 4 Augustus om 14:00 in Kaapstad in die Grand Arena in GrandWest en vir die konserte in Pretoria, wat op Vrydag 16 Augustus om 19:00 en Sondag 18 Augustus om 14:00 in die Sun Arena in Time Square gehou word.

Kaartjies se pryse wissel van R195 vir ’n staanplek teen die verhoog tot R470 vir sitplekke.

Kaartjies is aanlyn beskikbaar by iTickets.

Meer oor:  Musiek  |  Afrikaans  |  Krone 6-Konsertreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.