Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Krone 6: Wen kaartjies en toer agter die skerms

As jy ’n aanhanger is van die Krone-konsertreeks en nog nie jou kaartjies gekoop het nie, los alles nou en skryf in vir die vuurwarmste kompetisie onder die son!

Hoe klink twee dubbelkaartjies na Krone 6 en ’n BBP-toer vooraf waartydens jy ’n kykie agter die skerms kan kry en dalk selfs van die kunstenaars kan ontmoet?

Dis presies wat 25 gelukkig lesers kan losslaan!

Beleef die energie voor die vertoning

Die prys sluit in: kaartjies vir twee en ’n toer voor die vertoning deur die arena onder leiding van Hendrik Spangenberg, bemarkingspesialis van Select Musiek en die Krone-konsertreeks.

x
Juanita du Plessis gaan vanjaar weer by die Krone-konsertreeks optree . FOTO: verskaf
x
Die sokkiekoning Kurt Darren gaan mense weer lekker laat saamsing en dans by vanjaar se Krone-konsertreeks.

Tydens die kykie agter die skerms sal jy kan sien hoe die klank en beligting vir die vertoning deur die tegniese span gehanteer word, jy kan self ’n draai op die verhoog maak (en natuurlik ’n selfie of drie neem) en so ’n bietjie agter die verhoog gaan inloer om ’n voorsmakie te kry van die energie wat so ’n groot vertoning voorafgaan.

En wie weet, daar is selfs ’n moontlikheid om van die kunstenaars voor die tyd raak te loop terwyl hulle besig is met grimering, hare of ander voorbereidings vir Krone 6!

Hoe skryf jy in?

  • Om in te skryf, stuur jou naam, van en telefoonnommer na bemarking@netwerk24.com en meld duidelik in die onderwerplyn “Krone 6” en die datum van die konsert waarvoor jy kaartjies wil wen, byvoorbeeld: “Krone 6, 16 Augustus”.

5 dubbelkaartjies en eksklusiewe BBP-toere kan gewen word vir die volgende vertonings:

  • Vrydag 16 Augustus, Sun Arena by Time Square, Pretoria, 19:00: sitplekkaartjies.
  • Saterdag 17 Augustus, Sun Arena by Time Square, Pretoria, 18:00: staande kaartjies.
  • Sondag 18 Augustus, Sun Arena by Time Square, Pretoria, 14:00: staande kaartjies.

’n Paar reëls:

1. Kaartjies wat in die kompetisie gewen word, kan nié omgeruil word vir ander kaartjies nie en mag ook nie verkoop word nie.

2. Die datum, tyd en plek van die kaartjies wat gewen word, kan nie verander word nie – jy moet dus inskryf vir die plek en tyd waar en wanneer jy beskikbaar gaan wees om Krone 6 by te woon.

Saamsingjol van die jaar

Met die uitsondering van een van die konserte is die kaartjies vir staanplek, nie sitplek nie. Vervoer na en van die konsert en verblyf is nie ingesluit by die prys nie.

Waarvoor wag jy? Dis die lekkerste saamsingjol-konsert van die jaar, met kunstenaars soos Theuns Jordaan, Lianie May, Dirk van der Westhuizen, Kurt Darren, Juanita du Plessis, Refentse, Elandré, Elizma Theron, Nicholis Louw, Manie Jackson, Snotkop en nog vele meer!

Meer oor:  Musiek  |  Afrikaans  |  Krone 6-Konsertreeks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.