
Jy kan vanjaar suksesvol Swart Vrydag-inkopies doen as jy slim met jou geld werk. (Foto: iStock)
Suid-Afrikaners is alte bewus van die woeligheid wat Swart Vrydag meebring. Byna elke winkel bied hul produkte teen spotgoedkoop pryse aan – en wie wil nie deel wees van iets waar hulle kan geld spaar nie?
Swart Vrydag het ’n groot impak op die Suid-Afrikaanse ekonomie, asook die meeste groot en klein maatskappye. Volgens Mike Anderson, uitvoerende hoof van die Nasionale Kleinsakeraad (NSBC), word ’n geweldige bedrag tussen Swart Vrydag en Kersfees deur kleinhandelverkope gegenereer.
“Dié jaarlikse dol-dag word Swart Vrydag genoem omdat baie besighede gewoonlik genoeg geld maak om hulle op dreef te kry vir die volgende jaar. Miljarde in verbruikersgeld word op Swart Vrydag teruggeploeg in die ekonomie. Deur geld uit gee, kom daar ekonomiese groei en as daar min geld bestee word, gaan die gesondheid van die ekonomie ook ’n knou kry,” sê Anderson.
Hoewel jy geweldig kan spaar op jou algemene aankope en terselfdertyd bydra tot ekonomiese groei, is daar heelwat algemene foute wat mense op dié dag begaan.
Kim Mopelong, hoof van Multiply Money, glo dat goeie bestedingsgewoontes jou veilig deur Swart Vrydag sal dra.
“Dit is kritiek om jou finansiële gesondheid en veiligheid te verbeter deur jou eie patrone van geld uitgee te verstaan.”
Voordele van Swart Vrydag
Swart Vrydag is ’n goeie tyd vir ongelooflike afslag op produkte, besonderse aanbiedinge, gratis aflewering en ’n waarborg op die teruggee van produkte, meen Anderson.
“Dis egter belangrik om jou huiswerk vooraf te doen om te verseker dat jy die regte produkte wel teen ’n goeie prys koop,” sê hy.
LAAI AF!

Vergelyk pryse met mekaar en doen jou Swart Vrydag-aankope aanlyn om lang toue by inkopiesentrums te vermy. (Foto: iStock)
Belangrike wenke vir Swart Vrydag
- Ken jou finansiële gesondheid: Kyk eerstens eerlik na jou finansies. Jy mag dalk glo dat jou finansiële posisie gesond is, maar is dit regtig? Vergelyk jou maandelikse inkomstes en uitgawes. Die vergelyking kan debietorders en maandelikse paaiemente soos huur insluit.
- Dit is belangrik om ’n duidelike geheelbeeld te hê van die besteebare inkomste tot jou beskikking om te verseker dat jy dit ordentlik prioritiseer.
- Moenie impulsief koop nie - beplan voor jy koop: Swart Vrydag is ideaal as daar iets is wat jy al lankal beplan om te koop, maar moenie in die strik val van daardie “moenie misloop”-aanbiedinge vir dinge wat jy regtig nie nou nodig het nie.
- Gebruik nog steeds jou afslagskaarte of kontantterugdienste: Vir al jou noodsaaklike Swart Vrydag-aankope, gebruik steeds kontantterugdienste of afslagkaarte. Jy kan dan dit wat jy ekstra spaar, vir later wegsit of op ’n vakansie of geskenke vir jou geliefdes bestee.
- Dink voordat jy koop: Voordat jy gepak word deur die Swart Vrydag-koors, oorweeg dit om nou al skryfbehoeftes vir jou kinders te koop sodat jy die feestyd kan geniet, wetend dat jou Januarie-uitgawes gedek is. Om eerste geld uit te gee op noodsaaklikhede, kan ook help om goeie bestedingsgewoontes te kweek.
- Kyk rond vir die beste uitverkopings: Net omdat dit Swart Vrydag is, beteken dit nie dat al die winkels dieselfde afslag gaan aanbied nie. Dit is dus belangrik om pryse met mekaar te vergelyk. Dit is relatief eenvoudig om aanlyn te doen en as jy boonop aanlyn koop, sal jy die lang toue by inkopiesentrums vermy. Met die onlangse toename in Covid-19-gevalle is dit ook veiliger.
GEBORG
Maak gebruik van Swart Vrydag-aanbiedinge op die volgende produkte:
Vacuhealth om jou te help met erektiele disfunksie.