Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Leefstyl-bylae: Wenke vir tuiskantore

Die wêreldwye pandemie het maatskappye gedwing om hul personeel van die huis af te laat werk. Vir sommige maatskappye, soos Spotify, het hierdie reëling so goed gewerk dat hulle besluit het om dit die nuwe normaal te maak.

Van die gewildste ontwerp-elemente van ’n tuiskantoor is wit mure, ’n lessenaar sonder laaie, houtvloere, ’n wit stoel sonder wieletjies en huisplante, het ’n onlangse opname deur die Britse aanlyn dienstegids Rated People getoon. Foto: iStock

As jy een van die werknemers is wat vir so ’n maatskappy werk, sal jy nou jou tydelike tuiskantoor moet omskep in ’n permanente werksruimte. Die Britse aanlyn dienstegids Rated People doen jaarliks ’n opname om meer uit te vind oor die jongste neigings in tuisverbeterings. Hulle het meer as 500 000 versoeke op Rated People ontleed en met duisende huiseienaars in Brittanje gesels om uit te vind wat die jongste tendense vir tuisverbetering en ontwerp vir 2020-2021 was.

“Die afgelope jaar was soos geen ander nie,” sê Adrienne Minster, uitvoerende hoof van Rated People. “Die meeste van ons het meer tyd as ooit tevore binnenshuis deurgebring en daar was veranderinge in elke aspek van ons lewe – van hoe en waar ons werk tot wat ons in ons vrye tyd doen en saam met wie ons dit doen. Met soveel veranderinge behoort jy nie verras te wees dat dit ook die verbeteringe wat ons in ons huise wil aanbring, beïnvloed het nie.”

Die aantal tuiskantoorversoeke wat op Rated People geplaas is, het in 2020 meer as verdubbel en 43% van Britse inwoners wat aan hul opname deelgeneem het, sê hulle beplan om (selfs al sou Covid-19 nie meer ’n struikelblok wees nie) van nou af meer van die huis af te werk. Uit hul opname het dit egter vinnig duidelik geword dat mense grotendeels nie gelukkig was met die kantore wat hulle tuis vir hulself ingerig het nie. Altesaam 38% van mense wat aan die opname deelgeneem het, beplan om vanjaar verbeterings aan die ontwerp van hul tuiskantoor te doen.

In ’n poging om aan hul gebruikers ’n soort “wenresep” vir tuiskantoorontwerp te gee, het Rated People meer as 100 foto’s op die sosialemediaplatform Instagram van die mees stylvolle tuiskantore gaan ontleed en die volgende sewe wenke vir verbeterings aan jou tuiskantoor saamgestel:

  • Wit mure: Dit skep die illusie van meer ruimte en bied ’n professionele agtergrond vir aanlyn vergaderings.
  • Houtvloere: Veral ligte of natuurlike-kleur-houtvloere met ’n los mat of twee was in 43% van die Instagram-foto’s waarna gekyk is.
  • Losstaande lessenaars: Hierdie lessenaars het in 44% van gevalle ’n houtblad gehad en was meestal sonder laaie.
  • Wit lessenaarstoele: Ergonomie was duidelik ’n belangrike oorweging wanneer dit kom by die keuse van stoel, maar snaaks genoeg was stoele op wieletjies in die minderheid. Die gewildste keuse is stoele wat goeie rugondersteuning bied en met wit materiaal oorgetrek is.
  • Huisplante: Van die Instagram-foto’s het tot 12 plante in die tuiskantoor gehad! Die gemiddeld was egter twee plante om die buite na binne te bring.
  • Pakplek: Hoewel meer as ’n derde van die foto’s waarna Rated People gekyk het, geen rakke gehad het nie (die eko-vriendelike papiervrye beweging staan sterk), was rakke teen die muur gewilder as vrystaande boekrakke.
  • Geraamde landskap: Uit hul navorsing wil dit voorkom of die perfekte afronding vir ’n produktiewe en professionele tuiskantoor ’n geraamde foto of skildery van ’n natuurtoneel is, meen Rated People.

Wanneer jy dus vanjaar jou tydelike tuiskantoor in ’n permanente hoogtepunt van jou huis wil omskep, oorweeg hierdie ontwerp-elemente om ’n ruimte te skep wat professioneel en produktief sal wees.

Bron: Rated People


    GEBORG

    Nel Tanks

    nel tanks

    Nel Tanks is jou waterbesparingsvennoot en spesialiseer in ’n verskeidenheid van tenke na gelang van jou behoefte. As jy voorbereid wil wees vir ’n wateronderbreking of doodeenvoudig net bewus is van die belangrikheid van waterbesparing, besoek hulle vandag nog.

    Wildman Hunting & Outdoor

    wildman

    Wildman Hunting & Outdoor is ’n eenstopwinkel vir al jou jag-, sportskiet- en buitelewebenodigdhede. Bykomend kan hulle bystand bied om die proses om ’n vuurwapenlisensie te bekom, so maklik as moontlik te maak. As jy lief is vir die buitelewe, sal dit slim wees om by Wildman Hunting & Outdoor te gaan draai!

    Skin Renewal

    skin renewal

    Lyk glansend en vol selfvertroue op jou volgende aanlyn vergadering. Met net ’n paar klein veranderinge kan Skin Renewal jou binne ’n japtrap verfris en goed oor jouself laat voel!

    Thermo Fires

    THERMO

    Thermo Fires het ’n wye reeks kaggels en braais wat jou hierdie winter warm sal kan hou. Hulle is ’n trots Suid-Afrikaanse familie-onderneming met meer as 15 jaar se ondervinding in die ontwerp en vervaardiging van kaggels en braais, en is bekend vir hul wye reeks gehalte- en pasgemaakte produkte. Thermo Fires is ernstig oor gehalte en is die enigste maatskappy in die plaaslike bedryf wat jou ’n 20-jaar-waarborg teen foutiewe vakmanskap gee. Wat ook al jou behoeftes, hulle is die regte mense om te raadpleeg vir deskundige advies.

    MacroClear

    macroclear

    MacroClear Solar ontwerp, verskaf en installeer sonkragstelsels vir die huishoudelike en kommersiële mark. Hulle werk nou saam met die beste hernubare-energie-vennootmaatskappye en -verskaffers om die beste produkte en oplossings teen die mees mededingende pryse aan te bied. MacroClear Solar se doel is om jou geld te bespaar op jou elektrisiteitsrekening en om normaal te lewe sonder kragonderbrekings. Hul installasiespanne beskik oor die nodige ervaring en kundigheid, en sonkragstelsels word volgens vervaardigerspesifikasies geïnstalleer en 'n COC-sertifikaat word uitgereik. Volg gerus hul Facebook-blad vir meer inligting, asook spesiale promosies.

    Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produkte nie.

    Meer oor:  Promosie  |  Leefstyl
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.