Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Mauritius: Die nuwe ‘in plek’ vir eiendom

Terwyl die Suid-Afrikaanse eiendomsmark aanhou sukkel met trae of geen stygings in huispryse in die meeste gebiede, tesame met druk op verhuring en huurinkomste wat beleggers in eiendom kan verdien, soek slim beleggers elders vir beter prestasie.

   

mauritius
Mauritius is een van die ekonomieë in Afrika wat die vinnigste groei. Foto: Unsplash

Mauritius word vinnig ’n voorkeurbestemming vir Suid-Afrikaners wat wil diversifiseer weg van die risiko’s van die plaaslike aandelebeurs en die sukkelende eiendomsmark.

Heelwat is die afgelope ruk berig oor ’n styging in emigrasie na verskeie lande, insluitende Mauritius, maar dis nie die enigste fokus van slim beleggers wat moontlikhede op die eiland ondersoek nie. Hulle word gelok deur ’n sakevriendelike omgewing, gunstige belastingkoerse, sterk kapitaalgroei wat deur eiendomsbeleggings behaal kan word en die eiland se relatiewe nabyheid aan Suid-Afrika.

Mauritius is die ‘Singapoer van Afrika’ gedoop aangesien sy welvaartmark baie na kom aan dié van China.

Wat is ’n welvaartmark?

Volgens die data-ontledingswebwerf Visual Capitalist verwys welvaartmarkte na die totale waarde van bates wat individue in ’n jurisdiksie besit. Dit sluit in kontant, eiendom, aandele en sakebelange wat mense besit wat in ’n land woon.

Hoekom Mauritius?

Dié dinamiese eiland is al eerste in Afrika op verskeie belangrike wêreldindekse en word wyd erken as een van die bes bestuurde ekonomieë ter wêreld. Daarby is dit ook die gelukkigste land in Afrika en die 57ste gelukkigste land uit 156 lande gedoop. Dit hou verband met die sukses van sy ekonomie en die lewensgehalte wat die inwoners van Mauritius ervaar.

Uit ’n nederige begin

Toe die eiland in die Indiese Oseaan so onlangs as 1968 onafhanklik geword het, was hy een van die wêreld se armste lande.

Die eiland moes grootliks op sy enigste landbou-hulpbron – suiker – staat maak, word gereeld deur storms geteister, het min tot geen ander natuurlike hulpbronne, soos berig deur African Decisions.

Sedertdien, ondanks kommentaar van skeptici en kritici, kon die land eksponensieel groei en staan hy op die punt om een van die wêreldwye ekonomiese bastions te word soos ons die 2020’s ingaan. Die lewensgehalte in Mauritius is vandag van die beste ter wêreld.

Mauritius se geheim

Dit het baie te doen met wat vir die land se mense aangebied word, insluitende gratis gesondheidsorg en onderrig tot universiteitsvlak. Daarby kan sowat 87% van inwoners dit bekostig om hul eie huis te koop, volgens African Decisions.

En dis nie al nie. Die dae is verby dat suiker die enigste landbou-hulpbron is – jy sal nou ’n florerende vervaardigingsektor vind, veral die tekstielbedryf, asook ’n “skoon regering”.

Die eiland-leefstyl hou baie voordele in - ook stewige groei in die opbrengs op eiendom wat jy in Mauritius koop. Foto: Pixabay

Daarby is belastingkoerse betreklik laag. Die land kon onlangs sy koers vir maatskappybelasting op 15% behou, en daar is geen boedel- of kapitaalwinsbelasting nie.

Ooreenkomste oor dubbelbelasting is met 44 lande gesluit, insluitende Suid-Afrika, Brittanje, Frankryk, Indië en China. Dit beteken dat Mauritius nie net ’n aanloklike belastingregime aan individue bied nie, maar Brenthurst Wealth Management glo ook dat dit ’n aanloklike belastingregime vir maatskappye bied – veral dié wat wil belê.

Aandrywers van welvaart in Mauritius

Volgens Brenthurst is die volgende 17 faktore sentraal as aandrywers van welvaart in Mauritius:

1. Sterk ekonomiese groei.

2. Lae belasting.

3. Sterk groei in die aantal mense met ’n hoë netto batewaarde wat oor die afgelope dekade na Mauritius verhuis het.

4. Beskermde eiendomsreg: Eiendomsreg in Mauritius is baie sterk, wat burger en buitelanders aanmoedig om in eiendom en ondernemings te belê.

5. Lae vlakke van regulering en ingryping deur die regering.

6. Outomatiese permanente verblyfreg as jy ’n eiendom ter waarde van $500 000 koop. Mauritius moedig welvarendes aan om na die eiland te trek.

7. Gemak van sake doen.

8. Lae werkloosheid en inflasiekoerse.

9. Goed ontwikkelde bankstelsel en aandelebeurs.

10. Individue wat in Mauritius woon, mag vryelik oorsee belê, sonder enige valutabeheer.

11. Sterk invloei uit regstreekse buitelande investering.

12. Gerieflike basis vir investering en sake doen in Suider- en Oos-Afrika.

13. Veiligheid: Mauritius is onlangs deur New World Wealth as die veiligste land in Afrika aangewys, saam met Namibië en Botswana.

14. ’n Goed ontwikkelde, vrye media, wat die regering verantwoordbaar hou.

15. Goeie skole.

16. Stygende pryse van residensiële en kommersiële eiendom.

17. Toegang tot eersteklas-kos en varsprodukte.

Danksy die versnelde pas van belangstelling in geleenthede in Mauritius, het baie Suid-Afrikaanse maatskappye – ook Brenthurst Wealth – kantore in Mauritius oopgemaak om internasionale beleggers – ook Suid-Afrikaners – by te staan om beleggings te doen, bankrekeninge oop te maak of eiendom te koop.

Brent Wealth Bpk. is vanjaar gevestig en is by die Financial Services Commission van Mauritius gelisensieer as ’n beleggingsadviesonderneming op die eiland. Die onderneming kan alle Suid-Afrikaanse en internasionale kliënte bystaan met hul internasionale beleggings en finansiële beplanning.

Brent Wealth staan mense ook by met die opening van bankrekeninge, verskaf riglyne oor die aankoop van eiendom deur goedgekeurde ontwikkelaars en staan maatskappye by om bedrywighede te vestig.

Kontak Brent Wealth per e-pos by mauritius@brenthurstwealth.co.za.

  • Brenthurst Wealth raai mense aan om professionele advies te bekom voordat hulle oorsee belê sodat hulle ’n besluit neem wat die beste by hul persoonlike omstandighede pas.
  • Die artikel is geborg deur Brenthurst Wealth Management.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.