Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
My ouers tree af – kan ek dit bekostig?
Foto: iStock
Foto: iStock

'n Week gelede konsulteer ek met 'n kliënt oor sy boedelbeplanning. Ná ongeveer 45 jaar se harde werk bevind hy homself op die nippertjie van aftrede en het hy slegs 'n pensioenfonds om daarvoor te wys.  Dit laat my met die vraag – gaan dit genoeg wees om sy leefstyl te onderhou en het sy kinders genoeg voorsiening gemaak om vir Pa te sorg?

Die term “toebroodjie-generasie” raak al hoe meer relevant. Hierdie term verwys na volwassenes wat nie net omsien na hul kinders se behoeftes en versorging nie, maar ook na die van hul ouers.

Ongeveer 30% van Suid-Afrikaanse huishoudings bestaan uit multi-generasies. Dit is tipies 'n huishouding wat bestaan uit ouers, kinders, kleinkinders ensomeer.  Suid-Afrika se werkloosheidsyfer staan op ongeveer 43,1% en 'n dreigende ekonomiese depressie staar ons in die gesig. Staan ons, die toebroodjie-generasie, 'n kans?

Dit is nooit te vroeg om te begin beplan vir jou aftrede nie, en is dit nou meer as ooit tevore belangrik om nie net vir jouself te beplan nie, maar ook vir jou geliefdes. Die dae van “ek het vir jou gesorg en nou moet jy vir my sorg” is nog lank nie verby nie. Ek stel dus voor dat jy pro-aktief is en voorsorg vir die toekoms tref. 

Jy en jou ouers kan gerus die volgende oorweeg:

“Moenie jou oor ons bekommer nie, ons sal oukei wees” is woorde wat vele van ons al gehoor het. Dit bring geen gemoedsrus nie en laat mens met meer vrae as voorheen. Vra jou ouers om eerlik met jou te gesels sodat julle betyds kan begin beplan.

* 'n Finansiële plan is 'n ideale algehele uiteensetting van 'n familie se behoeftes en kan 'n aanduiding gee van waar sekere behoeftes mag voorkom en of die behoefte vervul kan word. Raadpleeg jou finansiële adviseur en bepaal of dit nodig sal wees om na ander produkte te kyk – soos lewensversekering of 'n aftree-annuïteit. 'n Adviseur kan ook jou uittreegeld belê om jou met 'n inkomste te voorsien sodat jou kapitaal langer sal hou.

* Jy kan solank 'n inventaris opstel van jou ouers se bates en laste. Deur so inventaris op te stel kan daar bepaal word of daar voldoende bates is om die laste te oorskry, of daar onnodige uitgawes is wat vermy kan word en of daar enige bates is wat verligting in tye van nood kan bring. 

Hier kan 'n mens ook bepaal of die bates voldoende sal wees wanneer dit by boedelbeplanning kom. 'n Voorbeeld hiervan sal wees om die huis se verband af te betaal of voorsiening te maak vir 'n lewenspolis om daardie skuld te vereffen. Die huis sal dan deel vorm van jou boedel en is ook vry van enige skuld.

* Spaar nou al 'n maandelikse bedrag om voorsiening te maak vir jou kinders se nagraadse studies. Dit mag vir jou baie meer beteken in die toekoms en gee hulle die geleentheid om die volwasse wêreld skuldvry te betree.

* Om jou leefstyl te kan onderhou moet jy voorsiening maak vir ongeveer twee derdes van jou laaste salaris op 'n maandelikse grondslag, tot die dag dat jy tot sterwe kom. Indien nie moontlik, sal jou ouers die nodige aanpassings moet maak of 'n plan moet maak om 'n alternatiewe inkomste te genereer.

Ons beleef die realiteit elke dag. Pak dus die bul by die horings en doen iets hieraan voor dit te laat is.

Besoek www.everestwealth.co.za om meer uit te vind oor Everest Wealth Management-produkte.

Meer oor:  Promosie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.