Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
’n Woolies Winter-kookstryd met Minki!

Die winter is op ons en nou meer as ooit wil ’n mens mos kos hê wat troos en jou hart warm maak.

Om jou te wys wat jy met min moeite op die tafel kan kry, bied VIA (DStv-kanaal 147) ’n spesiale kookprogram met die geliefde Minki van der Westhuizen as aanbieder aan: ’n Woolies Winter-kookstryd. Dié program word op Maandag 19 Julie om 17:30 vir die eerste keer uitgesaai.

Die spanne staan reg om Minki te beïndruk.

Saam met haar in die ateljee gaan twee spanne wees wat in drie rondes gaan kyk wie die ongelooflikste winterkos op die tafel sit. Span 1 is die Kokkedoor-sjef Nic van Wyk en die bobaasbakker Yolani Abrahams. In span 2 is dit Clem Pedro, sjef en kosstilis, en die TV-aanbieder Zoë Brown wat gereed staan om hulle ’n ding of twee te wys. 

Span 1 is die bekende Kokkedoor-sjef Nic van Wyk e
Span 1 is die bekende Kokkedoor-sjef Nic van Wyk en die bobaasbakker Yolani Abrahams.

Span 1 kook met net rou bestanddele, terwyl span 2 ’n kombinasie van Woolies se bereide bestanddele en geregte gaan gebruik vir hul spyskaart. 

Span 2 is Clem Pedro, bekende sjef en kosstilis, e
Span 2 is Clem Pedro, bekende sjef en kosstilis, en die TV-aanbieder Zoë Brown.

Kykers gaan baie inspirasie kry uit die drie temas: die perfekte weeksaand-ete, tuisgemaakte “kitskos” en ’n winterfees vir die naweek.

En verwag maar dat die spanning hoog gaan loop, want elke span kry dieselfde tyd om Minki se opdragte uit te voer om heerlike kos – wat boonop mooi lyk – voor te sit. Al twee spanne gaan ook moet koes vir ’n onverwagte draaibal wanneer ’n ekstra Woolies-bestanddeel bygesit word wat deel van hul spyskaart moet word.

Chelesile Moyo, senior bemarkingsbestuurder van Woolworths Foods, sê kykers kan – net soos die deelnemers – al die gebruiklike winter-gunstelinge verwag: sop, stewige bredies, seisoensvrugte en gebakte nageregte. “Of jy graag self kook of net ’n bereide maaltyd in die oond wil druk, ons maak dit vir jou maklik.”

Klik hier vir ’n voorsmakie van die lekker resepte wat jy in dié spesiale episode te wagte kan wees.

’n Woolies Winter-kookstryd met Minki word aangebied in vennootskap met Woolworths. Maak jou inkopielysie en kry alles wat jy nodig het by jou naaste Woolies-winkel vars van die rak. Of bly veilig tuis, en bestel aanlyn.

  • Herhalings word uitgesaai op 21 Julie om 17:30, 23 Julie om 18:30, 24 Julie om 21:00, 25 Julie om 18:30, 26 Julie om 11:00 en 21:00, 27 Julie om 09:00, 28 Julie om 11:00, 30 Julie om 12:30, 2 Augustus om 15:00, 8 Augustus om 20:30 en 9 Augustus om 08:30.
Nog om te weet
Op Donderdag 8 Julie kan jy aansluit by ’n opwindende uur lange aanlyn Woolies-wintermeesterklas met Nic van Wyk, aangebied deur Minki van der Westhuizen. 
 
Kom kry inspirasie en slim planne vir vinnige, maklike en smaaklike maaltye wat kleur en geur aan jou winterspyskaart sal gee.
 
Moet dit nie misloop nie – Donderdag 8 Julie om 18:00.  Registreer hier.

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produkte nie.

Meer oor:  Woolies  |  Woolworths  |  Minki Van Der Westhuizen  |  Zoë Brown  |  Minki  |  Afrikaans  |  Tv  |  Via
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.