Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
NATi Jong Sterre-projek bied nuwe talent geleenthede

Die NATi Jong Sterre-projek, wat by die pas afgelope Suidoosterfees in Kaapstad sewe uitstekende debuutproduksies gelewer het, bied ’n uitsonderlike geleentheid aan jong dramaturge om hul toneelstukke onder professionele mentorskap te verfyn.

Abduragman Adams gaan as mentor intree vir opkomende dramaturge. Foto: Verskaf

Dié inisiatief word gesamentlik deur NATi (Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief), die Jakes Gerwel-stigting, die Suidoosterfees en Kunstekaap aangebied. Hierdie instansies beskou die ontwikkeling en bevordering van jong talent as ’n prioriteit en nooi derhalwe alle opkomende dramaturge wat aan die begin van hul loopbane staan en nog nuut in die dramabedryf is, om vir die mentorskapprogram aansoek te doen.

Belangstellendes moet teen 1 Junie 2021 die volgende inligting per e-pos aan Theo Kemp, uitvoerende direkteur van die Jakes Gerwel-stigting, stuur na theo@jgf.org.za: ’n nuutgeskrewe dramateks of ’n uittreksel daaruit, tesame met bondige biografiese inligting, asook ’n motiveringsbrief oor hoe die aansoeker by die projek sal baat vind. Geen bestaande werk wat voorheen opgevoer is, sal oorweeg word nie.

Suksesvolle kandidate kry die geleentheid om van 26 Julie tot 15 Augustus 2021 in die Jakes Gerwel-stigting se Paulet-skrywershuis in Somerset-Oos in die Oos-Kaap te skryf. Dié sjarmante ouwêreldse huis met sy ruim kamers, leefvertrekke en lowergroen tuin bied die ideale omgewing om ongestoord kreatief te kan werk.

Nuwelingskrywers se reis- en verblyfkoste sal deur die stigting gedra word en die Suidoosterfees sal, met die ondersteuning van NATi en Kunstekaap, die werke ná afloop van die mentorskapprogram verder ontwikkel om in 2022 by die fees te debuteer.

Abduragman Adams, ervare akteur, dramaturg en regisseur, sal as mentor optree. Benewens die mentorskapprogram in Somerset-Oos, waar daar intensief aan die dramatekste gewerk sal word, sal kandidate van die teatermaker Rafiek Mammon leiding in produksie-ontwikkeling ontvang. Dit sluit onder meer die opstel en bestuur van ’n begroting in, bemarking, en hoe om met kunstenaars en regisseurs te onderhandel.

Hierdie projek gee gestalte aan wyle prof. Jakes Gerwel se passie om talentvolle individue, wat andersins nie die geleentheid sou hê nie, deur mentorskap te onderskraag. Gerwel het ’n sleutelrol gespeel in die totstandkoming van die Suidoosterfees, wat daartoe verbind is om inklusiwiteit in die kunste te bevorder. Die stigting is in die lewe geroep om Gerwel se nalatenskap as opvoeder, bevryder, beskermheer van die kunste en sakeman deur relevante projekte uit te bou. Paulet-huis is ná sy dood deur sy weduwee, Phoebé, aan die stigting geskenk met die doel om dit as skrywershuis in te rig.

Meer oor:  Kunstekaap  |  Teater  |  Suidoosterfees  |  Promosie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.