Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
'Nisboere' Glans: Leah stel ons voor aan die four cousins

Die bekroonde sangeres, akteur en voormalige Boer Soek ’n Vrou-aanbieder Leah kuier in vandeesweek se episode van Nisboere by die bekende Retief-neefs op die Van Loveren-wynlandgoed.


Corné Liebenberg en Leah kuier by die bekende Reti
Corné Liebenberg en Leah kuier by die bekende Retief-neefs op die Van Loveren-wynlandgoed.

Sy en Corné Liebenberg, Laeveld Agrochem se bemarkingsdirekteur, lê besoek af by dié wynplaas in die Robertson-vallei waar die derde geslag van die Retief-familie boer. Hier ontdek hulle die innoverende neefs se besondere vermoë om spesialisprodukte aan die regte mark te lewer.

Van Loveren, een van Suid-Afrika se toonaangewende wynprodusente, het aan die begin van die nuwe millennium bekendheid verwerf met hul Four Cousins-wynreeks. Deesdae het hulle 'n hele rits wynreekse wat Van Loveren ‘n gewilde naam op wyndrinkers se lippe maak.

'n Nisboer is nie net 'n spesialis in hul veld nie, maar – soos die Retief-neefs – ook 'n innoveerder wat die potensiaal van 'n spesialisproduk vir 'n nismark kan identifiseer, ontgin en daaruit munt slaan.

 

Kyk saam!
Nisboere word elke Woensdag om 19:30 uitgesaai, met herhalings deur die week op Sondae om 18:00, Woensdae om 13:30 en Donderdae om 22:00, net op VIA (DStv-kanaal 147). Nisboere word met trots aangebied deur Laeveld Agrochem.
Meer oor:  Laeveld Agrochem  |  Boer Soek ’N Vrou  |  Leah  |  Corné Liebenberg  |  Via Tv  |  Landbou  |  Nisboere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.