Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
'Nisboere': Mila Guy kuier by bonsai-boffin

Dié week op Nisboere kom maak ’n nuwe glanspersoon ’n draai: die aktrise Mila Guy, wat al stewig naam gemaak het op die silwerdoek én op TV, soos onlangs as Lana Basson in die SABC2-sepie 7de Laan.

Mila kuier op Potchefstroom in Noordwes by die bonsaikweker Richard Bamberger van Mooi River Bonsai. Hy vertel waar sy liefde vir dié Japannese boomsnoeikuns vandaan kom en gee nuttige wenke vir kykers wat die kuns wil bemeester.

Bamberger se kwekery bestaan uit ’n verskeidenheid spesies van verskillende ouderdomme, en groottes wat wissel van ’n piepklein 5 cm tot sowat 1,5 m.

Hierdie week op Nisboere kuier Mila Guy by bonsai-
Hierdie week op 'Nisboere' kuier Mila Guy by die bonsai-boffin Richard Bamberger.

Mila word vergesel deur Corné Liebenberg, bemarkingsdirekteur van Laeveld Agrochem, wat Nisboere borg. Hy bestempel Bamberger se bonsai-onderneming as die perfekte nisboerdery.

“ ’n Mens kan jou eie bonsai-kwekery begin met relatief min kennis, maar as jy vashaak, is daar meer as genoeg inligting beskikbaar om suksesvol te wees,” sê Liebenberg. “Jy het boonop min ruimte en kapitaal nodig, en jy kan bonsaiboompies op enige plek in Suid-Afrika kweek.”

Hoewel bonsai vir baie entoesiaste net ’n stokperdjie is, kan jy ook ’n ekstra inkomste hieruit verdien. “Dit het baie opwaartse potensiaal,” sê Liebenberg, “met die moontlikheid om op lang termyn 'n stewige inkomste daaruit te verdien.”

Dis presies wat Bamberger doen, want benewens die kweek en verkoop van hoëgehalte-bonsaiboompies, verkoop sy onderneming groeimiddels, potte en ander gereedskap wat noodsaaklik is vir die onderhoud van bonsais. Jy kan ook ’n werksessie by hom bywoon, of sy kennersraad kry as jy sukkel met een van jou eie boompies.

Mila sien op haar besoek waarom hierdie fyn kuns elke dag liefde en aandag verg. Kom kyk dié week saam na Nisboere.

Kyk saam!
Nisboere word elke Woensdag om 19:30 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai, met herhalings Donderdae om 22:00, Sondae om 18:00 en Woensdae om 13:30.

Meer oor:  Mila Guy  |  Via Tv  |  Landbou  |  Nisboere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.