Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
'Nisboere': Nuwe boere floreer, en Refentse kuier saam!

Suid-Afrika het heelwat aspirantboere wat graag hul eie stuk grond wil bewerk, maar wat nie noodwendig die agtergrond en kundigheid het om dit suksesvol aan te pak nie. Maar waar daar 'n wil is, is daar 'n weg. 

In die slot-episode van seisoen 6 van Nisboere op VIA (DStv-kanaal 147) leer ken kykers die Buhle Farmers’ Academy in die omgewing van Delmas, Mpumalanga. Kom kyk hoe dié akademie opkomende boere help om die uitdaging van boerdery suksesvol aan te pak. 


Die musikant Refentse, wat die Afrikaanse musiekwêreld sedert 2015 met sy rasperstem betower, sluit aan by Corné Liebenberg, bemarkingsdirekteur van Laeveld Agrochem, en loer in by Tsholofelo Mokwele op haar plaas, TCM Squared, naby Bronkhorstspruit. Wat hy sien, is vir hom pure inspirasie.

Mokwele, ’n oudstudent van die Buhle Farmers’ Academy, het onlangs begin boer. Sy is ’n gekwalifiseerde elektriese ingenieur wat die korporatiewe wêreld vir die plaaslewe verruil het. Sy wou haar eie baas wees en het met heimwee verlang na haar kinderjare, toe sy saam met haar oupa op die trekker gery en agter koeie aangehardloop het. 

Op TMC Squared word met varke, pluimvee en groente geboer, en in dié episode kry kykers ’n blik op wat Mokwele as ’n nuwe boer reeds vermag het. “Jy moet ’n passie vir boerdery hê as jy ’n loopbaan daarvan wil maak,” sê sy. “Dit verg volharding en harde werk.” 

Mokwele is vol lof vir die Buhle Farmers’ Academy, wat steeds ’n mentorskaprol speel in haar nuwe loopbaan. Ons hoor ook van Zamo Shongwe, uitvoerende hoof van die akademie, wat meer vertel oor die agtergrond van die akademie en die maniere waarop hulle nuwe boere oplei en ondersteun. 

Liebenberg gee op sy beurt waardevolle raad oor watter gewasse om te plant, die verskillende grondsoorte, en hoe boere die verskillende seisoene in ag moet neem. Hy onthul ook die uitslag van die Boer Boon-kompetisie, wat deel was van dié seisoen van Nisboere. Met dié wedstryd wou Laeveld Agrochem erkenning gee aan die belangrike rol wat landboukenners vervul sodat boere uiteindelik beter oeste en hoër opbrengste kan lewer. 

Kyk saam!
Nisboere word elke Woensdag om 19:30 uitgesaai, met herhalings deur die week op Sondae om 18:00, Woensdae om 13:30 en Donderdae om 22:00, net op VIA (DStv-kanaal 147). Nisboere word met trots aangebied deur Laeveld Agrochem.
Meer oor:  Laeveld Agrochem  |  Corné Liebenberg  |  Refentse  |  Phillip Venter  |  Nisboere  |  Via Tv  |  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.