Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
'Nisboere': Ruhan du Toit besoek ’n stadsboerdery in Kempton Park

Heelwat stedelinge droom van hul eie plasie, maar hoe gemaak as jy net ’n klein lappie grond het – of niks – en steeds dié droom wil najaag? 

In vandeesweek se episode van Nisboere op VIA (kanaal 147 op DStv) ontmoet ons die man wat baie stadsboere se landboudrome 'n werklikheid maak – en dít in die hartjie van Kempton Park, Gauteng. In dié episode kuier die sanger en musikant Ruhan du Toit saam met Corné Liebenberg, bemarkingsdirekteur van Laeveld Agrochem, by Jaco Erasmus van Urban Farmers.



Ruhan, wat bekend is vir treffers soos “As Jy Dink Jy Weet”, “Monumentaal” en sy sielvolle weergawe van Simon & Garfunkel se “The Sound of Silence”, is ’n gebore stadsjapie en spot dat nie eens 'n plastiekplant in sy teenwoordigheid veilig is nie, maar Urban Farmers se Rent a Greenhouse-kweektonnels het behoorlik sy belangstelling geprikkel.

Jaco het vroeg verlede jaar, met die aanvang van die Covid-19-inperking, besluit om 'n paar groentesoorte in sy agtertuin te plant. Ná sy suksesvolle eerste oes wou hy dié onderneming uitbrei, en dis toe dat ’n blink plan hom tref: Kry 'n groter stuk grond, rig tonnels op en verhuur hulle aan mense wat sy droom deel. En so het Urban Farmers die lig gesien. “Kweektonnels bied aan stedelinge wat graag volwaardige boere wil word die ideale geleentheid om dit eers op 'n kleiner skaal op die proef te stel en sodoende bekostigbare foute te maak en waardevolle lesse te leer,” sê hy.

Urban Farmers het intussen aansienlik uitgebrei en kykers kan uitsien na Jaco se verduideliking van huurpakkette, die verskillende tonnels wat beskikbaar is, watter gewasse verbou word, moontlike afsetpunte vir oeste en hoe dié onderneming die stadsboere help met raad en opleiding. Vandeesweek se episode is verfilm tydens een van die Urban Farmers-markdae, 'n boeremark wat een keer per maand op ’n Saterdag gehou word.

Corné en Ruhan gesels met verskeie boere oor wat hulle in die tonnels verbou en hoe hul paaie met Urban Farmers s’n gekruis het. Volgens Corné is Urban Farmers die ideale voorbeeld van wat hulle graag met die Nisboere-konsep wil bereik. “Met Urban Farmers kan enigiemand nou ’n eie lappie grond hê en ’n nisboer word, al bly hy of sy in ’n piepklein woonstel,” sê hy.  

Kyk saam!
Nisboere word elke Woensdag om 19:30 uitgesaai, met herhalings deur die week op Sondae om 18:00, Woensdae om 13:30 en Donderdae om 22:00, net op VIA (DStv-kanaal 147). Nisboere word met trots aangebied deur Laeveld Agrochem.
Meer oor:  Laeveld Agrochem  |  Corné Liebenberg  |  Phillip Venter  |  Via Tv  |  Landbou  |  Nisboere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.