Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
'Nisboere': Victor Matfield pak bul by horings op VIA

Wat weet ’n Blou Bul van beeste af? Vra maar vir Victor Matfield, want ná sy besoek aan die Limousin-stoetery van John en Tracey Davenport op hul plaas van 1 250 ha op die oewer van die Vaaldam, is dié oud-Springbok- en -Blou Bul-rugbyspeler nou goed gekonfyt oor dié beesras.

 

Matfield, wat geen vreemdeling is in die landboubedryf nie, is die spesiale gas in vandeesweek se episode van die agri-program Nisboere op VIA (kanaal 147 op DStv). Op besoek aan Devlan Limousins wys Phillip Venter van Laeveld Agrochem hom presies hoe ’n mens die bul by die horings pak in dié nisboerdery.

Die oud-Springbok- en Blou Bul-rugbyspeler Victor
Die oud-Springbok- en -Blou Bul-rugbyspeler Victor Matfield kuier vandeesweek op 'Nisboere'!

Die Davenports, eienaars van Devlan Limousins, teel al sedert die vroeë 1990’s dié beesras in Suid-Afrika, en deesdae is hul boerdery een van Suid-Afrika se voorste Limousin-stoeterye. Die egpaar deel hul geheime oor hoe jy 'n suksesvolle Limousin-beesplaas kan bestuur, en lig verskillende aspekte uit wat die Limousin-ras so 'n aantreklike opsie vir boere maak. Onderwerpe soos winsgewendheid, voeding en hoe dié beesras – wat sy oorsprong in Frankryk het – aanpas in die Suid-Afrikaanse klimaat, asook die moontlikheid vir kruising met inheemse beesrasse, word onder meer in dié plaaskuier bespreek. Die episode kyk ook na die waarde van tegniese adviseurs vir so 'n groot stoetplaas.

Dis duidelik dat John en Tracey passievol is oor hul boerdery. Hulle vertel hoe hulle oor jare hul droom van ’n Limousin-stoetery verwesenlik het. Vir die Davenports is volhoubaarheid van sleutelbelang, en hulle deel met kykers hoekom dit vir hulle so belangrik is om na jou mense en gemeenskap om te sien.

Kyk saam, en hoor Matfield se indrukke oor dié inspirerende egpaar. “Passion, perseverance, performance” is hul leuse – en dit sal jy sommer aanvoel in dié episode van Nisboere.  

Kyk saam!
Nisboere word elke Woensdag om 19:30 uitgesaai, met herhalings op Sondae om 18:00, Woensdae om 13:30 en Donderdae om 22:00. Die program word aangebied in vennootskap met Laeveld Agrochem.


Meer oor:  Victor Matfield  |  Phillip Venter  |  Via Tv  |  Landbou  |  Nisboere
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.