Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
NSRI raak landwyd lewens - raak betrokke en jy kan 'n kar wen!

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) raak almal in Suid-Afrika se lewens – nie net mense wat na aan die kus woon nie, maar elkeen wat naby ’n swembad, meer, riviere of dam woon of daarvan gebruik maak.

Mense is dikwels verbaas om te hoor hoeveel nie-noodlottige en noodlottige verdrinkings jaarliks plaasvind, asook die getal noodsituasies waarop die NSRI reageer. Die Covid-19-pandemie was geen uitsondering nie: hulle het tot dusver vanjaar meer reddingsoperasies uitgevoer as enige jaar vantevore.

Skryf in vir die NSRI se motorkompetisie en staan die kans om twee Mitsubishi’s te wen.
Menseredding is in hul bloed

Lede van die NSRI se werk dek mediese ontruiming van skepe, sowel as om te reageer op situasies waar branderplankryers, roeiers, vlieërplankryers en ander watergebruikers in nood verkeer. Die NSRI ondersteun mede-reddingsdienste soos die brandweer, bergredding en mediese nooddienste. Hulle gee diep om vir die seelewe en bestee baie ure om pikkewyne, skilpaaie, robbe, walvisse en selfs honde langs die kuslyn te red. Verder help hulle talle bote in nood, op see of op binnelandse damme en riviere. Wanneer lede nie besig is om mense te red nie, is hulle besig om seker te maak dat hulle noodsituasies vermy deur middel van hul waterveiligheidsprogramme.

Dit begin met waterveiligheid

Voorkoming van verdrinking is ’n kritieke deel van die NSRI se taak en iets waaraan hulle baie aandag skenk. Jaarliks verdrink te veel mense in heeltemal voorkombare voorvalle. ’n Belangrike deel van hul rol is om Suid-Afrikaners te help om veilig in en rondom water te wees. Die NSRI se Pink Rescue Buoy-inisiatief is een wat wêreldwyd bekroon is en wat toegang tot vlot-apparate bied, selfs op die mees afgeleë plekke. Hul opleidingspan werk oor die land heen in skole en gemeenskappe om waterveiligheid en basiese oorlewingswemtegnieke vir mense te leer. Lewensredding is nog ’n diens wat vinnig groei namate die gewildheid van watersport en -aktiwiteite landwyd toeneem.

Professionele diens, absoluut gratis

Die NSRI se hulpbronne is skaars en waardevol. Die span reddingspersoneel bestaan uit toegewyde vrywilligers – meer as 1 500 mense soos ek en jy met voltydse werk, wat kies om opgelei te word en hul vrye tyd op te offer om lewens op Suid-Afrikaanse waters te red. Hulle word nie ’n sent betaal nie. Die NSRI bied sy dienste ook gratis aan.

Hulle het wêreldklas-infrastruktuur. Die NSRI werk vanaf 46 reddingsbasisse landwyd, langs die kus en op binnelandse waters, met ’n vloot redding- en diensvoertuie en noukeurige veiligheidstandaarde, insluitend persoonlike beskermingstoerusting (PPE).

Wat finansiering betref, steun die NSRI op die vrygewigheid van Suid-Afrikaners, asook die regering. Hul sleuteldiens is gefokus op die publiek, maar die NSRI ondersteun ook die nasionale instellings van Suid-Afrika aansienlik om hul mandate ten opsigte van maritieme redding te vervul.

Die NSRI is trots op die professionaliteit en ervaring van hul stigting, maar ook op die goeie bestuur van strukture en bedrywighede. Na meer as 50 jaar, glo hulle dat hul integriteit en reputasie sterk gevestig is. Die NSRI is daartoe verbind om ’n hoë vlak van sorg te handhaaf soos hulle voortgaan om lewens in Suid-Afrikaanse waters te red.

WEN!

Ondersteun die NSRI en wen twee motors

Elke jaar werk die NSRI saam met Mitsubishi om lede van die publiek die kans te gee om twee splinternuwe voertuie ter waarde van meer as R850 000 te wen.

Die motorkompetisie is vir die eerste keer in 1997 van stapel gestuur en bly die NSRI se vlagskipfondsinsamelingsprojek. ’n Eenmalige skenking van R750 gee jou ’n kaartjie wat jou in staat stel om deel te neem aan die dubbele Mitsubishi-prystrekking.

Kaartjieverkope sluit op Vrydag 11 Desember – slegs ’n paar dae weg – en met slegs 36 000 kaartjies te koop, is daar ’n uitstekende kans om te wen.

  • Eerste prys: ’n Pajero Sport 2.4 8-gang Auto 4 × 4 en ’n ASX 2.0 (ter waarde van meer as R850 000).
  • Tweede prys: R250 000 kontant
  • Derde prys: ’n Droomvakansie ter waarde van R80 000.

Kaartjieverkope sluit op 11 Desember 2020.

Om meer uit te vind bel vir Dina Fernandes by 021 430 4703 of stuur e-pos na carcomp@searescue.org.za.

Klik hier vir die kompetisiereëls.

NEEM SO DEEL:

Staan ’n kans om die motors te wen deur jou kaartjies hier te koop.

* Om op hoogte van die NSRI se projekte te bly, volg hulle op Facebook.

Meer oor:  Promosie  |  Nsri
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.