Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Oasis Life maak nuwe aftreeoord se deure oop

Rabie se aftreeproduk, Oasis Life, het pas ’n nuwe aftreeoord in Burgundy Estate, Milnerton, geopen.

Met Oasis Life Clara Anna Fontein wat in 2018 bekendgestel is en reeds meer as 80 inwoners het, is dié nuwe veiligheidsontwikkeling Rabie se tweede wat gegrond is op die lewensreg-model.

Die aftreeontwikkeling is luuks en in ’n beveiligde omgewing in Burgundy Estate geleë. Foto’s: VERSKAF
Oasis Life spog ook met luukse geriewe soos die klubhuis, dus kan inwoners uitsien na ’n volronde aftreeleefstyl.
Oasis Life is in ’n beveiligde omgewing geleë waar gehaltesekuriteit ’n prioriteit is vir inwoners om rustig te verkeer.

Rabie se eerste aftreeontwikkeling is die gesogte Oasis Luxury Retirement Resort in Century City, wat ’n deeltitelskema is. Die ontwikkeling is in 2007 van stapel gestuur en is vandag steeds so gewild as toe dit bekendgestel is.

“Ons is baie opgewonde om ons nuwe ontwikkeling in Burgundy Estate te open,” sê Miguel Rodrigues, direkteur by Rabie.

“In Oasis Life Clara Anna Fontein het ons slegs losstaande huise beskikbaar, maar hier bied ons verskeie opsies omdat dit ’n veel groter ontwikkeling is. Fase een bestaan uit losstaande huise asook woonstelle van verskillende groottes in klein blokke.”

Die hart en siel van die oord, die leefstylsentrum, sluit ’n restaurant, deli, sonnige dek en sitkamer in. Inwoners kan hier ontspan, ’n maaltyd geniet en deelneem aan verskeie aktiwiteite. ’n Verhitte binnenshuise swembad en gimnasium sal deel vorm van die volgende fase van die leefstylsentrum.

Allen Usher, eiendomsagent vir Oasis Life Burgundy Estate, sê dat hy nie kan wag om met die voltooide oord te spog nie.

“Ons was baie gelukkig om verkope in 2019 reeds af te kon skop met ’n gemeubileerde skouhuis, maar dit gaan wonderlik wees om voornemende kopers te ontmoet vir ’n koppie koffie, wat deur ons eie baristas voorberei word, voordat hulle deur die ontwikkeling stap. Ons het tans ’n toonhuis beskikbaar en sal teen September ook ’n toonwoonstel hê waarna mense kan kom kyk.

“Dis ’n groot besluit vir ’n pensioenaris en ons vind dat om die voltooide produk te sien en ervaar, ’n baie belangrike deel vorm van die besluitnemingsproses.”

Oasis Life word onderskraag deur vier veiligheidspilare: fisiese veiligheid, leefstylveiligheid, gesondheidveiligheid en finansiële veiligheid. Inwoners kan dus hier uitsien na ’n volronde aftreeleefstyl.

“Ons spanne het goeie ondervinding opgedoen in Clara Anna Fontein, en ons sien uit daarna om ’n nuwe gemeenskap in Burgundy Estate te vorm,” verduidelik Neil Barry, bedryfsbestuurder van Oasis Life.

“Nathan Gantana is ons toegewyde leefstylsentrumbestuurder. Hy en sy span sal die inwoners van Burgundy Estate op die hande dra.”

Die eiendomme wat in fase een beskikbaar is, bestaan uit een- en tweeslaapkamerhuise wat elkeen ’n afdak vir ’n motor asook ’n stoep en tuin het.

Daar is vier soorte woonstelle om van te kies  van ’n eenslaapkamer met een badkamer tot die grootste woonstel wat twee slaapkamers, twee badkamers, ’n balkon en studeerkamer. Huise begin by R1,6 miljoen en woonstelle by R1,15 miljoen.

“Oasis Life Clara Anna Fontein se fase een is amper uitverkoop en ’n paar van die huise in fase twee ook,” sê Rodrigues. “

Ons glo dat ons Burgundy Estate-ontwikkeling net so suksesvol gaan wees en ons kan nie wag om te sien hoe inwoners die ontwikkeling lewe gee en ten volle geniet nie.”

Jy kan Oasis Life Burgundy Estate per afspraak besigtig. Kontak vir Allen Usher by 082 451 9988 of allen@oasislife.co.za om ’n eksklusiewe toer te bespreek.

Besoek ook hulle webtuiste vir meer inligting. 

Meer oor:  Promosie  |  Eiendomme
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.