Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Ondersteun plaaslik: Só kan jy kontantvloei verbeter

’n Gesonde kontantvloei sal verseker dat jou onderneming nie misluk nie. Foto: ISTOCK

Die Covid-19-pandemie het landwyd maatskappye negatief geraak, dus moes die meeste vinnig planne beraam om op dreef te bly. In 2021, na amper ’n jaar van inperking, neem ons reeds verskeie nuwe tendense by kleiner maatskappye waar.

Baie mense gaan waarskynlik nog ’n ruk lank van die huis af werk. Dit bly dus ’n prioriteit om digitaal voort te gaan en vir verbruikers om plaaslike ondernemings te ondersteun. Jy kan dit doen deur by hierdie ondernemings te koop, van hulle dienste gebruik te maak, ’n bietjie raad te gee indien jy kennis het wat hulle kan benut of gratis bemarking op jou sosiale media vir hulle te doen.

“Die lewe van byna elke individu is heeltemal anders as wat dit meer as ’n jaar gelede was, en dit sal waarskynlik weer in die volgende ses maande verander,” sê Trevor Gosling, medestigter en uitvoerende hoof van Lulalend.

Hy sê selfs al bestaan jou korttermyn-kontantvloei gedurende die pandemie uit produkte en dienste, sal jou langtermyn-lewensvatbaarheid afhang van jou behoeftes wanneer die pandemie verby is. Sy bydrae aan plaaslike ondernemings is om raad hieroor te gee.

Mike Anderson, stigter en uitvoerende hoof van die NSBC, sê kontantvloei is die lewensbron van elke klein onderneming.

“Die daaglikse druk om sake te doen is uitdagend genoeg, maar dié druk is oor die algemeen positief. ’n Kontantvloeikrisis veroorsaak negatiewe druk. Dit sal jou positiwiteit wegvreet en produktiwiteit verlaag.”

Volgens Gosling is dit kritiek vir kleiner maatskappye om in ’n onstabiele mark voldoende reserwefondse te hê. “Dit is ook belangrik dat hulle vinnige toegang tot kapitaal het wanneer dit benodig word. Dit is hier waar maatskappye nie alleen moet voel nie.”

Gosling sê nou is die tyd vir maatskappye om op mekaar te steun, te ontwikkel en vennootskappe met betroubare kredietverskaffers te smee wat fondse vir dag-tot-dag uitgawes kan verskaf. Die tyd is ook ryp om voordeel te trek uit enige nuwe geleenthede wat mag opduik.

Hier is Anderson se wenke aan kleiner ondernemings om kontantvloei te verbeter:

. Kontant is koning: Bestuur dit dus met die respek wat dit verdien. Onthou dat geen kontant, geen besigheid beteken. Verhoed dus dat dit opraak. Om sonder kontant te wees, is die definisie van mislukking.

. Ken die daaglikse syfers: Wat is jou huidige kontantbalans? Wie skuld vir jou geld en hoeveel? Wat skuld jy jou krediteure? Wat is jou verkoopsyfers vandag? Dit is absoluut kritiek om presies te weet wat in jou kontantbalans aangaan en bewus te wees van jou onderneming se sleutelsyfers. Maak seker dat jy ’n doeltreffende rekeningkundige stelsel het sodat jy statistieke kan voorsien wanneer nodig.

. Wees die “reënmaker” van jou onderneming: Verkope is alles. As jy baie verkope het, sal die kontant vloei en as dit vloei, kan jy enigiets regmaak. As die reënmaker van jou maatskappy, sien om na groot kliënte, bring groot geld in en slaan groot ooreenkomste los.

. Oortref jou kliënte se verwagtinge: Skakel kontantvloei-bekommernisse uit sodat jy vry kan wees om kliënte te bestuur en jou maatskappy te bou. As jy jou kliënte die beste gee, is hulle ook geneig om eerste te betaal. Bou ’n goeie verhouding met jou kliënte en sleutelmense binne hul sakebedrywighede.

. Stuur fakture stiptelik en korrek: Moenie eers teen die einde van die maand ’n faktuur aan kliënte stuur nie. Stuur dit onmiddellik. Maak ook altyd seker dat die inligting daarop korrek is. Jou kliënte sal jou laat weet as fakture verkeerdelik uitgereik is en dit kan veroorsaak dat daar ’n vertraging is in die ontvangs van jou geld. ’n Goeie wenk is dat jy ’n oproep moet maak of ’n e-pos stuur vir bevestiging wanneer jy die faktuur uitreik.

. Vra dat ’n gedeelte vooruit betaal word: Eerder as om te wag totdat die faktuur uitgereik word, vra dat ’n persentasie vooruit betaal word. Dit is algemene praktyk en jy moet kapitaliseer waar jy kan.

. Moedig kliënte aan om vinnig te betaal: Wanneer jy die werk op ’n suksesvolle wyse afgehandel het, moet die geld al in jou bankrekening wees. Jy kan kliënte kry om onmiddellik te betaal deur ’n vinnige skikking of deur afslag aan te bied indien hulle binne ’n sekere tydperk betaal. ’n Afslag van tussen 2% en 5% as daar binne sewe dae betaal word, sal ’n gesonde kontantvloei verseker.

. Gaan daagliks rekeninge na: Gaan daagliks oor jou lys van debiteure en identifiseer rekeninge wat laat betaal of verby die betaaltydperk is. Maak dan oproepe of stuur briewe om hulle aan betalings te herinner.

. Strek betalings wat nog gemaak moet word: Kyk na jou verskaffers se betalingsvoorwaardes en stel vas wanneer betaal moet word Z binne 30, 60 of 90 dae. Betaal hulle teen die regte tyd en moenie altyd onmiddellik betaal nie.

Deur jou verskaffers dop te hou, kan jy jou kontant laat vloei en geld langer in die onderneming hou.

GEBORG

Shelly Point Hotel

Bly drie nagte maar betaal SLEGS twee! Verruil die stad vir ’n rustige Weskus-wegkomkans. Hierdie spesiale aanbod is geldig van Sondae tot Donderdae en sluit heerlike ontbyt in. Bepalings en voorwaardes geld.

Vacuhealth

As jy ereksieprobleme het, is Vacuhealth die oplossing. Deur nie hulp vir erektiele disfunksie te soek nie, beskadig baie mans hul belangrikste verhouding. ’n Vakuum-ereksie-apparaat, soos die Vacurect, werk deurdat ’n vakuum in ’n silinder geskep word wat bloed na die are in die penis trek. Dit word beskou as ’n langtermyn-herstelproses.

Simply Bee

Simply Bee bied handgemaakte natuurlike produkte, vry van skadelike chemikalieë, sintetiese geure en parabene. Dit is dus veilig om te gebruik en boonop omgewingsvriendelik. Daarom is hulle heuning, byewas en propolis 100% organies. Hulle bye word ook nie vir kommersiële bestuiwing gebruik nie, dit skakel dus die negatiewe gevolge van blootstelling aan chemikalieë uit.

Roto Tanks™

RotoTank ™ vervaardig poliëtileen (plastiek) water- en chemiese tenks volgens die hoogste standaarde en verseker dat elke RotoTank ™ die regte gewig en afmetings vir sy spesifieke doel het. Hierdie plastiektenks van RotoTank ™ is toegerus met toeskroefdeksels en toebehore van die hoogste gehalte. RotoTank ™ is trots daarop om ’n verantwoordelike, innoverende, betroubare en suksesvolle verskaffer van plastiektenks te wees.

Thermo Fires

Thermo Fires is ’n private, trots Suid-Afrikaanse familie-onderneming. Met meer as 15 jaar se ondervinding in die vervaardiging en ontwerp van braaiplekke en kaggels, het die naam Thermo sinoniem geword met een van die grootste reeks gehalte- en pasgemaakte produkte.

As bewys van hul verbintenis tot hul produk, is Thermo die enigste onderneming wat 20 jaar waarborg op vakmanskap bied. Hulle ontwerp ook eenhede spesifiek volgens jou behoeftes

Meer oor:  Promosie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.