Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Ontmoet Arendsvlei se stiliste
Talentvolle stiliste help die akteurs in hierdie aangrypende telenovelle om uit te blink in hul uitbeelding van karakters met wie kykers hulself kan vereenselwig.

Arendsvlei speel af op die Kaapse Vlakte by ’n gelyknamige fiktiewe semi-private hoërskool. Sedert hierdie boeiende drama in Oktober verlede jaar begin het, hou dit kykers vasgenael voor die kassie. Aanhangers sal verheug wees om te weet dat ’n tweede seisoen van dié reeks gemaak gaan word. Dit beloof méér moord, intrige en drama namate die bose Wendy Newman se storie ontvou.

Enige episodes van Arendsvlei misgeloop? Vang nou op met DStv Now

Die storie volg nou wel die tieners en die volwassenes se doen en late in die klaskamers en skool se gange en die goeie (en slegte!) oomblikke in hul lewens nadat die skoolklok aan die einde van die dag gelui het, maar Arendsvlei is eintlik ’n familiedrama. Die storie word vertel uit die perspektief van die Cupido-familie, wat die skool gestig het en dit bestuur. Hulle probeer nou ’n verskil maak in die lewens van jong mense en in hul gemeenskap.

Arendsvlei
Die akteurs van Arendsvlei.

Meer as net die aantrek van akteurs

Cassandra Rowland staan aan die hoof van die klere-departement wat verantwoordelik is vir die stilering van die Arendsvlei-stel. Van die hooftake van ’n stilis is om ’n eenvormige styl vir karakters te skep en hulle daarvolgens aan te trek. Cassandra benadruk egter dat daar báie meer werk agter die skerms ingaan om ’n reeks soos Arendsvlei behoorlik te stileer.

Haar doel is om karakters te skep wat realisties is, met wie kykers maklik kan vereenselwig. Die span het dalk bietjie pret gehad om die roubeklaers by David se begrafnis in uitspattige hoede te klee, maar dit was steeds noodsaaklik om die onderskeie karakters en kulture realisties uit te beeld. 

Arendsvlei se klerekas-hoogtepunte sluit in ’n feeks en ’n begrafnis!

Kyk Arendsvlei elke Maandag en Woensdag op kykNET & kie (kanaal 145) om 20:00. Ook beskikbaar op Catch Up en om aanlyn te kyk by now.dstv.com 

Hoe om Arendsvlei op jou rekenaar te kyk?

Teken aan vir DStv Now. Daar is geen ekstra koste vir DStv-intekenare nie en jy kry aanlyn toegang tot dieselfde kanale wat jy by die huis met jou dekodeerder kry.  

Verwante artikels: 

https://www.dstv.co.za/whats-on/news/articles/it-s-confirmed-arendsvlei-extended-for-another-season/

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier