Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
SIZA bied jou ’n omvattende ouditondersteuningsprogram

SIZA bied verskeie hulpmiddels aan produsente om hulle te ondersteun en van die nodige inligting te voorsien om verbetering binne die onderneming na te streef om aan nakomingsvereistes te voldoen. Deel van hierdie ondersteuningsprogram is gereelde opleiding en kapasiteitsbou wat die volgende insluit:
Close up Hand and Oranges in Orange Farm with Beau
Sitrus. Foto: iStock

* Produsente-opleiding oor etiese en omgewingsbeginsels en -vereistes

Daar word gereeld etiese nakomingsopleiding aan SIZA-lede verskaf teen geen addisionele koste nie. Hierdie opleiding word ook aanlyn aangebied op moderne en maklik toeganklike digitale platforms. Die verskeie opleidingsessies maak voorsiening vir produsente om inligting te verkry oor die SIZA-kodevereistes, die korrekte toepassing van praktyke, wetgewingsvereistes en oorsig van die SIZA-ouditproses. Meer gevorderde opleidingsprogramme word ook aangebied soos “Verstaan ouditbevindinge beter” asook ’n meer praktiese benadering rondom omgewingswetgewing.

* Opleiding aan agri-werkers

Dit is belangrik om agri-werkers bloot te stel en bewus te maak van die nodige wetgewing en SIZA-vereistes. SIZA bied ook video’s aan wat die kerninligting saamvat en uitbeeld in ’n vriendelike formaat om dit verstaanbaar te maak vir almal binne ’n onderneming. Hierdie video’s sluit verskeie hoofstukke en temas in wat die etiese beginsels saamvat, asook ’n maklik-verstaanbare video oor die verantwoordelikheid om na die omgewing te kyk en dit reg te bestuur. Hierdie video’s is vrylik beskikbaar op SIZA se webwerf, maar kan ook in ’n laer resolusie versprei word na persone se selfone.

* Griewe word omskep na beste praktyk

Dié opleidingsprogram is spesiaal ontwikkel om grieweprosedures te versterk en fokus op sleutelfaktore rondom ’n doeltreffende grieweprosedure, interpersoonlike vaardighede, kommunikasie, en karaktereienskappe wat ’n impak het op verhoudinge, asook oor hoe om vertroue en respek te hervestig binne ’n onderneming.

* Opkomende produsente

SIZA bied ’n program aan opkomende produsente om te verseker dat hulle alle vereistes nakom en markgereed is. Dié program strek oor drie jaar en word deur SIZA, regerings-, en bedryfsvennote ondersteun.

* Opleiding aan lede rondom MySIZA

SIZA is ’n aanlynstelsel en dit is noodsaaklik dat lede die werking van die MySIZA-platform verstaan en bemeester. Opleiding sal koste-vry aan lede gebied word om hulle te help met die navigasie van die wêreldklas digitale platform.

* Opleidingsmateriaal

SIZA verskaf ook ’n wye verskeidenheid materiaal soos plakkate, video’s asook voorbeelddokumente aan lede.

* Ander ondersteuning

Daar is verskeie ander ondersteuningsmiddele wat produsente ondersteun om die nodige arbeids- en omgewingswetgewing van die SIZA-standaard na te streef.

* Maak kontak

Stuur ’n e-pos na admin@SIZA.co.za of besoek www.SIZA.co.za vir meer inligting.

  • SIZA verseker volhoubare, etiese handel en omgewingsbestuur. 
Meer oor:  Landbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.