Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
SPAR maak seker dat dinge dié Vrouemaand verander

Koop ’n armband dié Vrouemaand teen slegs R5 by jou naaste SPAR-winkel en wees verseker dat elke sent gebruik sal word om talle van die plaaslike sorgsentrums en liefdadighede te ondersteun wat help om Suid-Afrikaanse vroue op te hef en te bemagtig.

Die opbrengs sal aan die volgende liefdadighede en nie-winsgewende organisasies geskenk word:

* Rape Crisis-sentrum (Port Elizabeth): ’n Nie-winsgewende organisasie wat in die behoeftes van verkragtingslagoffers voorsien, ongeag hul ras, geslag, taal of godsdienstige agtergrond.

* Yellow for Survivors: ’n Nie-winsgewende maatskappy wat op die been gebring is om slagoffers van verkragting en geslagsgeweld by te staan met hulpbronne en ’n veilige ruimte waar hulle die ondersteuning kan vind wat hulle nodig het om te herstel na moeilike, lewensveranderende ervarings.

* Greater Rape Intervention Programme (GRIP): GRIP is ’n gemeenskapsgebaseerde organisasie wat dienste lewer aan slagoffers van verkragting, seksuele aanranding en gesinsgeweld.

* The Open Door-krisissorgsentrum: ’n Holistiese en veelsydige eenstop- krisis- en traumasentrum wat berading, maatskaplike dienste en ondersteuningsgroepe bied.

* Reach for Recovery-borskankerondersteuning: ’n Internasionale borskankerondersteuningsgroep en nie-mediese program wat ontwerp is om vroue met borskanker te help om na hul daaglikse lewe terug te keer.

* Saartjie Baartman-sentrum vir vroue en kinders: ’n Eenstopsentrum vir mishandelde vroue en kinders.

Die armbande is slegs te koop terwyl voorraad hou.

Die SPAR-kleinhandelgroep het ook beloof om teen geslagsgeweld op te tree deur middel van tasbare ondersteuning aan slagoffers op ’n volhoubare wyse.

Die groep beplan om geslagsgeweld stop te sit deur hul groot voetspoor en teenwoordigheid in die media in te span om slagoffers van geslagsgeweld van hulp te voorsien wat hul lewe sal verander. SPAR het daarom die hulp van LifeLine, ’n gevestigde en vernuftige traumaberading-inbelsentrum, ingeroep om onmiddellike, professionele ondersteuning te bied.

Geslagsgeweld kan met enigeen gebeur – vroue, mans of kinders – en dit is nooit aanvaarbaar nie.

Indien jy ’n slagoffer is of agterkom dat iemand mishandel word, besoek www.spar.co.za/gbv en reik asseblief uit.

Meer oor:  Spar  |  Vrouemaand
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.