Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
SPAR Virtuele Vrouewedloop is veilig en vir ’n goeie doel
Kry toegang tot die digitale tydskrif, ’n T-hemp en ’n nekbof in ’n herbruikbare sak wanneer jy inskryf vir die SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue.

In ’n wêreld wat tans vasgevang is in angs en onsekerheid oor ’n pandemie wat almal raak, is daar gelukkig steeds maniere waarop jy jouself kan bevry van hierdie vrees en terselfdertyd sommer ook ’n goeie doel kan ondersteun. Jy kan dit doen sonder om jouself of enigiemand anders in gevaar te stel of siek te word deur net in te skryf vir die SPAR Virtuele Wedloop vir Vroue. Die tema van dié wedloop is nie verniet om jouself uit te daag om jou lewe te leef ten spyte van beperkings nie.

Virtueel is veilig

Dit gebeur alles virtueel. Jy besluit of jy wil stap, draf of hardloop, hoe ver jy wil gaan, waar jy dit wil doen en wanneer. Al wat deelnemers met mekaar gaan verbind, is die dag waarop hulle dit doen en enige kommentaar, foto’s, video’s of klankgrepe wat hulle op sosiale media deel.

Vanaf 06:00 daardie oggend tot 18:00 die middag sal vroue van alle ouderdomme en fiksheidsvlakke aangemoedig word om hul eie vlaag te skep, ’n positiewe virtuele een wat veilig en vas sal staan in solidariteit teen hierdie pandemie wat almal verhoed om oudergewoonte in Groenpunt bymekaar te kom vir die wedloop.

“SPAR se Virtuele Wedloop vir Vroue behoort aan jou,” sê Elsabé van Zyl-Félix, advertensiebestuurder van SPAR Wes-Kaap en Namibië. “Dit is eintlik ’n fiksheidsdoelwit wat jy teen jou eie tempo kan stap, draf of hardloop. Jy neem jou eie tyd. Enigiemand kan deelneem vir die pret en ’n goeie doel.”

Doen jou deel

Petals
As deel van SPAR se Petals-projek het Protea-netbalspeler Bongi Msomi in Mei sanitêre doekies gaan uitdeel aan 90 leerlinge van die Pholosho Junior Sekondêre Skool by die Three Square-netbalbane in Alexandra. Wanneer jy inskryf vir vanjaar se virtuele wedloop, ondersteun jy ook hierdie goeie doel. Foto’s: Verskaf

Deur in te skryf, help jy ook minderbevoorregte skoolmeisies. SPAR se Petals-projek ondersteun elke skoolmeisie se reg op gelyke opvoeding. Vir elke inskrywing gaan SPAR ’n pakkie sanitêre doekies skenk. SPAR Wes-Kaap het met Caring4Girls saamgespan om hierdie skenking op die regte plekke te kry. Caring4Girls samel sanitêre doekies in en versprei dit aan meisies in minderbevoorregte gebiede sodat hulle nie elke maand skooldae hoef mis te loop wanneer hulle menstrueer nie.

“Ons vroue in die Wes-Kaap kan ’n verskil maak, nie net in ons eie lewe nie, maar ook in dié van ons skoolmeisies,” sê Van Zyl-Félix. “Daarom wil ek vroue in die Wes-Kaap, waar ook al jy jouself bevind, aanmoedig om in te skryf vir hierdie virtuele wedloop, om jouself uit te daag en ’n skoolmeisie in nood te help.”

Wat jy moet weet

Dit kos slegs R60 om in te skryf op www.sparvirtualchallenge.co.za vir hierdie veilige, virtuele wedloop wat spesiaal gemik is op vroue en die dinge wat hulle na aan die hart lê.

Jy kan onmiddellik aanlyn betaal of binne 72 uur nadat jy ingeskryf het by enige SPAR-winkel in die Wes-Kaap gaan betaal.

Elke persoon wat inskryf, ontvang ’n gratis T-hemp, nekbof, medalje en eetdingetjie in ’n mooi herbruikbare sak, sowel as toegang tot die digitale tydskrif My Virtual Challenge.

Jy kies self aanlyn waar jy hierdie pakkie wil gaan oplaai. Alle oplaaipunte sal streng hou by die gesondheid- en veiligheidsmaatreëls vir Covid-19.

Wees deel van die pret

Daar is soveel maniere waarop jy hierdie wedloop steeds pret kan maak, hoewel almal nie mekaar kan sien en saam kan deelneem nie. Besoek sparvirtualchallenge.co.za om vir jou ’n wedloopnommer te genereer wat jy op die dag aan jou T-hemp kan vassteek. Druk dan ook vir jou ’n sertifikaat uit waarmee jy jouself kan afneem wanneer jy oor die “eindstreep” draf en deel die foto’s deur gebruik te maak van #SPARVirtualChallenge #LiveLimitless #Caring4Girls wanneer jy dit op sosiale media deel sodat jy lid van dié wedloop se geesdriftige aanlyn gemeenskap word.

Besoek hier die wedloop se webwerf en vind hier uit hoe om in te skryf. Onthou, die getal inskrywings word beperk. Skryf so gou as moontlik in sodat jy niks misloop nie!

Hierdie blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produkte nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.