Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Emigrasie: Vind só uit wat jou opsies is
Sable International

Welaf Suid-Afrikaners belê teen ’n ongekende tempo oorsee en bekom ’n tweede burgerskap of verblyfreg oorsee. Sable International, immigrasiekenners, het vanjaar ’n toename van 70% in navrae hieroor ervaar, terwyl hul kliëntebasis in dieselfde tyd met 45% toegeneem het.

Andrew Rissik, kommersiële direkteur van Sable International, sê Suid-Afrikaners internasionaliseer hulself, hul rykdom en dikwels ook hul ondernemings so vinnig as wat hulle kan.

Die topbestemmings vir burgerskap wissel van beleggingsprogramme in Grenada, Ciprus of Malta en die EB-5 VSA-beleggingsvisum tot opsies in Australië, Portugal en die Verenigde Koninkryk.

“As jy beplan om jouself elders te vestig, vergewis jouself eers van die belastingimplikasies en die regulasies oor valutabeheer. Beplan hoe jy toegang gaan kry tot jou finansiële bates en dit gaan verskuif indien jy beplan om finansieel te emigreer,” sê Rissik.

“Jy moet weet hoe om eiendom te koop of te huur, om bankrekenings oop te maak, belastingwette en ander fiskale implikasies te verstaan. Ons lei ons kliënte deur elke aspek om seker te maak daar wag geen nare verrassing op hulle nie.”

Sable International se topkeuses vir burgerskap en verblyfreg

Grenada-burgerskap en die E-2 Amerikaanse visum

Grenada se burgerskap-deur-beleggingsprogram vereis nie dat jy in die land woon of dit besoek nie. Dit het ook ’n burgerskap-deur-beleggingsprogram en ’n E-2 Beleggersvisum-ooreenkoms met die VSA, wat dit vir burgers van Grenada moontlik maak om vir nie-immigrante-visums aansoek te doen.

Malta en Ciprus Individuele Beleggingsprogram

Indien jy in Malta belê kan jy binne 18 maande burgerskap van die Europese Unie (EU) verkry wat visumvrye toegang tot 182 lande verseker, waaronder die Verenigde Koninkryk en die VSA. Ciprus bied selfs ’n vinniger roete na EU-burgerskap, wat in so min as ses maande afgehandel kan word.

Amerikaanse EB-5 Beleggingsvisum

Die EB-5 Beleggingsvisum bied ’n vinnige roete na permanente verblyf in die VSA, insluitende nabye familie en dit bied jou verblyfreg in alle deelstate. Houers van EB-5 visums verkry ook toegang tot private en openbare skole, wat die deur oopmaak na vooraanstaande universiteite.

Portugal se Goue Visum en NHR-programme

Verkry Portugese en EU-verblyfreg vir jouself en jou familie deur in Portugal te belê met minimumverblyfvereistes. Dit baan die weg vir jou om aansoek te doen vir burgerskap. Die NHR-program vir nie-gereelde besoekers bied aantreklike belastingvoordele indien jy in Portugal aftree, waaronder 10 jaar se belastingkwytskelding op gespesifiseerde buitelandse inkomste.

Immigreer na Australië

Australië bied verskeie opsies vir visums en immigrasie, waaronder die Business Innovation Visa wat jou in staat stel om saam met jou familie in Australië te leef, te studeer en te werk tot jy uiteindelik vir permanente verblyf kan aansoek doen.

Britse burgerskap en immigrasie

Wetgewing oor Britse burgerskap is ingewikkeld en baie mense weet nie wat die keuses is nie of is onbewus van hul regte. “Ons het meer as 20 jaar se ervaring op die gebied van Britse nasionalieit, Ierse nasionaliteit en immigrasie in die Verenigde Koninkryk. Ons werk in dié verband saam met Philip Gamble, die Verenigde Koninkryk se voorste kenner hieroor,” sê Rissik.

Sable International hou ’n reeks gratis seminare oor internasionale burgerskap deur beleggings, verblyf of buitelandse investering:

Durban: Riverside Hotel, 11 Julie 2019

Johannesburg: Houghton Gholfklub, 16 Julie 2019

Pretoria: Pretoria Buiteklub, 17 Julie 2019

Bloemfontein: Protea Hotel Willow Lake, 18 Julie 2019 (UITGESTEL)

Stellenbosch: Stellenbosch Gholfklub, 19 Julie 2019

Kaapstad: The Alphen Boetiekhotel, 23 Julie 2019

Vir meer inligting, stuur e-pos aan cbi@sableinternational.com of skakel +27 (0) 21 657 2120.

Sable International help kliënte wat besig is om te emigreer of wat familie, sakebelange, eiendom of welvaart oorsee het. Hulle spesialiseer in advies rakende oorgrensfinansies, immigrasie-advies en -oplossings en bied dienste deur hul afdelings wat spesialiseer in burgerskap, verblyfreg, welvaart, belasting en valuta.

Besoek hier vir meer inligting of om vir die seminare te bespreek. 

Meer oor:  Promosie  |  Emigrasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.