Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Uit die hart van voormalige Mej. Wêreld, Rolene Strauss

Stap saam met voormalige Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld, Rolene Strauss op ’n jaar lange reis van geloof, groei en selfontdekking met hierdie pragtige dagboek, spesiaal geskryf vir vroue.

Rolene Strauss

Rolene deel in 365 oordenkings die geheime tot haar sukses en die lesse wat sy geleer het as skoonheidskoningin en ambassadeur van haar land.  Een van hierdie lesse wat veral uitstaan: Jy is genoeg en hoef nie perfek te wees nie. Jy moet jou nie meet aan die samelewing se voorskrifte van wat die perfekte vrou is nie en moet nie toelaat dat dit jou selfvertroue steel nie.

In hierdie boek gesels sy eerlik en opreg oor onderwerpe wat haar baie na aan die hart lê, maar ook onderwerpe waarmee elke vrou kan identifiseer soos selfvertroue, innerlike skoonheid, moed, vreugde, sukses en uithouvermoë. Elke vrou worstel soms met haar selfvertroue, elke vrou voel soms dat sy nie goed genoeg is nie en elke vrou en ma word met tye verteer deur skuldgevoelens omdat sy glo sy nie genoeg tyd saam met haar gesin deurbring nie.

Dit is Rolene se hartsbegeerte dat elke vrou wat hierdie boek lees sal besef hoe waardevol sy in God se oë is en dat hierdie wete haar sal inspireer tot ’n doelgerigte en betekenisvolle lewe.

Rolene Strauss is ’n perfekte voorbeeld van iemand wat ’n doelgerigte en betekenisvolle lewe lei. Sy is op 22 April 1992 gebore en het grootgeword in Volksrust. Toe sy klein was, het sy eendag gesien hoe Jo-Ann Strauss gekroon word as Mej. Suid-Afrika. Van toe af het sy gedroom om ook die kroon te dra en toe sy op 15 haar eerste skoonheidstitel wen, was dit vir haar ’n bevestiging om haar droom te bly najaag. In 2014 is haar droom bewaarheid toe sy in dieselfde jaar gekroon is as Mej. Suid-Afrika en Mej. Wêreld – slegs die derde keer dat ’n Suid-Afrikaanse meisie die Mej. Wêreld-titel dra.

Rolene het medies studeer aan UOVS en in 2017 gegradueer. Sy is in 2016 getroud met D’Niel Strauss en hulle is binne ’n jaar geseën met ’n babaseuntjie. Rolene en D’Niel het die Strauss Foundation gestig met Rolene as voorsitter. Dit is ’n organisasie wat gesondheid, opvoeding en liefdadigheid bevorder. Rolene is ook ’n direkteur van RevitaHealth, ’n gesondheidsgeoriënteerde organisasie met estetiese, integrerende, teenverouderende en regenererende mediese dienste. Haar passie vir holistiese gesondheid is die hoeksteen van haar wese.

Dit is Rolene se hartsbegeerte dat elke vrou wat hierdie boek lees sal besef hoe waardevol sy in God se oë is en dat hierdie wete haar sal inspireer tot ’n doelgerigte en betekenisvolle lewe.

Een van Rolene se nuwe passies is lewensafrigting. Sy het ingeskryf vir haar meestersgraad in filosofie en lewensafrigting by Universiteit Stellenbosch se besigheidskool. Rolene leef waarlik ’n doelgerigte en betekenisvolle lewe.  

Hierdie pragtige dagboek is verdeel in 52 weke, elk met ’n betekenisvolle tema. Die weke is verdeel in vyf dagstukke, Wysheid uit die Woord op dag ses en aan die einde van die week geleentheid en plek om jou eie gedagtes oor die week se onderwerp neer te skryf en so ’n unieke, verpersoonlike dagboek te maak.

Hierdie boek is beskikbaar by CUM Boekwinkels, ander vooraanstaande boekhandelaars en aanlyn by www.cumbooks.co.za.


Meer oor:  Promosie  |  Rolene Strauss
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.