Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Voorgeskrewe bates: Wat dit vir jou pensioen kan inhou

Daar is meer as R4 000 miljard in Suid-Afrika se pensioenfondse en ’n nuwe voorgestelde beleid van die regering rondom voorgeskrewe bates kan hierdie pot goud vir die regering ontsluit.

’n Nuwe voorgestelde beleid van die regering rondom voorgeskrewe bates kan die pot goud in pensioenfondse vir die regering ontsluit. Foto: iStock

Kenners meen Suid-Afrika het meer pensioenbates as enige ander opkomende ekonomie. As dit ’n weerspieëling is van Suid-Afrikaners se doelbewuste besluit om vir hul aftrede voor te berei en hul swaarverdiende salarisse vir ’n goeie doel te benut, is hierdie berg van gepoelde fondse iets om op trots te wees.

Maar die voorstel in die ANC se verkiesingsmanifes vanjaar dat ’n beleid van voorgeskrewe bates ondersoek moet word, kan beteken dit kan regeringsbeleid word om pensioenfondsgeld te belê waar die regering wil hê jy moet en nie waar jy die hoogste opbrengs kan kry nie.

Waaroor gaan voorgeskrewe bates?

Suid-Afrikaanse pensioenfondse is reeds onderhewig aan ’n mate van voorskrif in die vorm van regulasie 28 van die Wet op Pensioenfondse, wat aftreefondse beperk in die mate waartoe hulle in spesifieke kategorieë van bates mag belê.

Tot dusver is die belangrikste perke as volg:

  • Nie meer as 75% van totale fondse mag in aandele belê word nie;
  • Nie meer as 25% mag in genoteerde eiendom wees nie;
  • Nie meer as 30% mag in buitelandse bates wees nie; en
  • Nie meer as 10% mag in verskansingsfondse belê word nie.

Maar meer onlangs het die ANC die debat oor vereistes vir voorgeskrewe bates deur ’n voorstel in sy verkiesingsmanifes vir 2019 ontlok. Die ANC het gesê hy sal “die instel van voorgeskrewe bates op finansiële instellings se fondse ondersoek om fondse binne ’n regulatoriese raamwerk te mobiliseer”.

Met ander woorde, vereistes oor voorgeskrewe bates kan alle fondsbestuurders dwing om in staatsgoedgekeurde instrumente te belê, ongeag die onderliggende ekonomiese toestande.

Magnus Heystek, direkteur van Brenthurst Wealth.

Wat kan dit vir beleggers inhou?

Magnus Heystek, hoof van Brenthurst Wealth Management in Johannesburg, sê daar is nog baie onsekerheid oor voorgeskrewe bates, maar dit is ’n risiko.

“Die risiko vir beleggers in pensioenfondse is dat hulle hul bydraes sal moet verhoog en moontlik langer werk en weens die swak prestasie van hul beleggings langer bydra,” het Heystek verduidelik.

Die ANC sê in sy manifes hy wil geld deur voorgeskrewe bates mobiliseer vir maatskaplik-produktiewe beleggings en werkskepping, met inagneming van die risikoprofiel van die entiteite waarin belê word. Maar die swak prestasie van Suid-Afrika se bekendste staatsondernemings is geen staatsgeheim nie, en daarom is dit normaal dat die gedagte aan staatsgeleide beleggings beleggers beangs maak.

Wat is jou opsies vorentoe?

Die plan vir voorgeskrewe bates is voorgestel, maar nog nie geformaliseer nie. Dit sal egter bloot ’n regulasie wees en nie ’n wet van die parlement nie. Dit kan dus vroeër eerder as later ’n realiteit word.

“Voorgeskrewe bates sal ongelukkig selfs verdere finansiële druk op ’n reeds oorbelaste bevolking laai, en die regering behoort eerder te werk om die bestuur en huidige skuldvlakke van staatsondernemings te herstruktureer,” sê Heystek.

Dit is daarom belangrik dat beleggers ’n behoorlike begrip kry van die implikasies wat voorgeskrewe bates vir hul pensioenfondse kan inhou.

Kry advies van ’n finansiële raadgewer of beplanner om jou te help met die beste maniere om jou pensioen teen lae opbrengs te beskerm, byvoorbeeld deur jou portefeulje te diversifiseer, in die buiteland te belê en ander opsies.

  • Die artikel is geborg deur Brenthurst Wealth Management en geproduseer deur Brandstudio24 vir Netwerk24.
    MyStem: Het jy meer op die hart?

    Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

    Ons kommentaarbeleid

    Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

    Stemme

    Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.