Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Waar om Die Spreeus en ander Afrikaanse programme te stroom
As jy boeiende vermaak wil hê, met storielyne wat trots Suid-Afrikaans is, hoef jy nie verder te soek as hierdie fantastiese reekse en rolprente wat nou op Showmax beskikbaar is nie.

Jy is gek daaroor om na internasionale reekse oor drake en miljardêrs te kyk, maar soms is daar niks beter nie as om ingetrek te word in ’n plaaslike storie waarmee jy kan identifiseer. Selfs al is Afrikaans nie jou huistaal nie, kan jy die reekse en rolprente steeds geniet. Aktiveer die onderskrifte en geniet hierdie reekse en rolprent wat nou op Showmax gestroom kan word.

Spookstories in Die Spreeus

Onverklaarbare, geheimsinnige en bonatuurlike veskynsels kom ter sprake wanneer Die Spreeus vandeesweek afskop. En as jy die uitsendings op DStv (elke Dinsdag om 20:00, vanaf 9 April) misgeloop het, kan jy onmiddellik al die episodes inhaal op die stroomdiens Showmax. Episodes word beskikbaar op Showmax sodra dit op DStv uitgesaai word en kan regstreeks gestroom word of op jou toestel afgelaai word sodat jy dit later kan kyk. 

In elke episode vat Bas Koorts (Chris Vorster) en Beatrice Mack (Monique Rockman) – lede van Die Spreeus-ondersoekeenheid – die spoor van misdade en misdadigers uit ander wêrelde . . . en soms uit ander dimensies.

Nog reekse net vir jou

Almal praat oor die doen en late van die inwoners van Maanhaardrif, ’n klein dorpie in die Karoo. Om saam te praat, laai al die episodes van Dwaalster af vir ’n heerlike fuifkyk. Vir nóg kleindorpse drama, kyk gerus na Spoorloos om te sien wat gebeur wanneer ’n ou geheim weer opgerakel word. En in die regsdrama Fynskrif is niémand bo die wet verhewe nie.

Vir kykstof op ’n ligter trant sal Jonathan van die Oos-Rand jou laat lê soos jy lag in Die Radio Raps Show, terwyl Schalk Bezuidenhout aan die voorpunt is van die histeriese komedie Hotel, waarin ’n groep ongelukkige werknemers probeer om nuwe lewe te blaas in ’n afgeremde hotel. Daar is ook ’n goeie aanbod realiteit: reis saam deur die platteland in ’n soektog na liefde in die gewilde reeks Boer Soek ’n Vrou.

Kan sy in Meerkat Maantuig ontkom van haar lot?

Maak ’n groot bak springmielies en skuif reg op die bank. Showmax het uitstekende Afrikaanse rolprente wat jou Vrydagaande by die huis gaan hou. Vandeesmaand kom die bekroonde Meerkat Maantuig aan die beurt. Dit het ook ’n effense bonatuurlike tema: dié keer in die vorm van ’n familievloek wat meebring dat elke Gideon de la Rey al vir geslagte lank sterf. Na haar pa se dood word Gideonette gestuur om by haar eksentrieke ouma en oupa te gaan bly. Sy doen haar bes om vindingryke maniere te kry om haar lot te verander. Die rolprent het uitstekend presteer by rolprentfeeste regoor die wêreld en is beslis die moeite werd om te kyk.

Nóg fantastiese rolprente

Die misdaadskrywer Deon Meyer se boek kry lewe in die spanningsvolle riller Jagveld. Emma loop haar vas in ’n groep gewelddadige misdadigers en besef haar enigste uitweg is om te hardloop. Haar pa, ’n afgetrede lid van die spesiale magte, het Emma egter ’n ding of twee geleer en sy is daarom nie so maklik om te vang nie. Dit lei tot kat-en-muis-speletjies tussen Emma en die gewetenlose mans wat haar jag.

Daar wag ’n ánder soort drama in Wonderlus. Gaste word die oggend na die troue wakker en besef alles het verskriklik fout geloop … 

In Vaselinetjie soek ’n meisie na haar identiteit in Suid-Afrika, ’n land waar rasse verdeel is. Dit is ’n roerende verhaal oor liefde en verlies.

As jy bietjie wil giggel, kyk uit vir Kampterrein. Die Fouche-gesin besoek elke vakansie dieselfde oord en hulle verwag geen veranderings nie. Maar dan slaan die Khumalo-gesin hul tent op … op die Fouche’s se geliefde kampeerplek. Daarmee skop ’n absurde oorloggie af, met elke gesin wat die ander een een stappie voor wil bly. 

Hoe om Showmax te kry

Kry ’n voorsmakie van al die aksie op Showmax met ’n gratis proeftydperk van twee weke. Daarna kos dit jou slegs R99 per maand om duisende reekse, rolprente en dokumentêre programme te geniet.

As jy ’n DStv Premium-intekenaar is, is die goeie nuus dat jy Showmax gratis by jou rekening kan voeg. Gaan eenvoudig na www.showmax.com/dstv om aan te teken en geniet volle toegang tot Showmax sonder om ’n enkele sent ekstra te betaal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier