Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
WEBINAAR: Hoe om nie kos te mors nie

Te veel mense in hierdie land gaan slaap honger en ons mors sowat tien miljoen van die 31 miljoen ton kos wat elke jaar in Suid-Afrika vervaardig word. Iewers in die middel van hierdie twee feite lê die oplossing opgesluit wat die medemenslikheid in ons voedselketting sal terugplaas. 

City Press en die Europese Unie-afvaardiging na Suid-Afrika bied op 2 Desember om 11:00 ’n webinaar met die tema, There’s no such thing as waste: A compassionate approach to the food chain, in samewerking met Chefs with Compassion aan. 

Die nasionale inperking het die hongersnood in die land vererger. Dit is moeilik om ’n presiese getal te kry van die Suid-Afrikaners wat honger ly, maar die Verbruikersraad van Suid-Afrika raam dat sowat 14 miljoen mense elke aand honger gaan slaap. 

Plaaslik en internasionaal het lande, maatskappye, liefdadigheidsorganisasies en individue in die voedselvervaardigingsketting begin om veranderinge aan te bring om te voorkom dat kos gemors word en dit eerder te herlei na dié mense wat in nood verkeer. 

Die Verbruikersraad het op 29 September die Suid-Afrikaanse Vrywillige Voedselverlies-en-afval-ooreenkoms geloods, wat voedselvervaardigers en kleinhandelaars daartoe verbind om voedselverliese te verminder om die Verenigde Nasies se volhoubare ontwikkelingsdoel – om voedselverliese teen 2030 te halveer –  te behaal. 

Chefs with Compassion, wat gedurende die inperking uit nood gebore is, is die beliggaming van hierdie doel. Dié nie-winsgewende groep is ’n samewerking van ’n aantal organisasies wat kos bewaar en versprei na 31 punte waar sjefs dit vir die mense in nood in hul gemeenskappe kook. 

In die eerste week van die inperking het Chefs with Compassion uit drie kombuise meer as 2 355 maaltye aan nege organisasies verskaf. 

In die eerste agt weke van die inperking het Chefs with Compassion 300 ton vars produkte (omtrent die gewig van 50 olifante) ontvang. Altesaam 56% van hierdie produkte was afkomstig van die varsproduktemark in Johannesburg, 27% was skenkings en 17% is deur kleinboere bygedra. 

Teen Junie was die volgende kombuise, sjefs en organisasies doenig in Johannesburg: Alra Park Community Forum, Bizza’s Liestyle, Bun’s Out, Busisiwe – B TwalaB, Carol Osuigwe, Chef Mahlamola Thamae, Chef Pinky Maruping and Tebogo Ramatsui of Unilever Food Solutions, Chef Raynor Damons, Chef Citrum Khumalo, Disoufeng Pub, Ejardini, Hospitality Cares, Jackson’s Real Food Market, Jeanette Osuigwe, Chef Lance Williamson, Love Me So, Love Me So, Perron, Saigon Suzy, Swiss Hotel School, Taste-Buds Cooking Club, Thathimvuyo Caterers, Thava Indian Restaurant, The Curry Boss, The Local Grill, The Noble en V8 Roadhouse. 

Hoewel die inperkings sedertdien verslap is en baie van die sjefs na hul werk teruggekeer het, bestaan die nood steeds.

Registreer hier om deel te neem aan die gesprek.

Arnold Tanzer
Arnold Tanzer, mede-stigter van Chefs with Compassion.
Anna Trapido
Anna Trapido
Siphiwe Sithole
Siphiwe Sithole


DIE PANEEL SLUIT IN:

Arnold Tanzer, medestigter van Chefs with Compassion. Tanzer bestuur Food on the Move. Hy het in Holland sy beroep geleer en was die persoonlike sjef van die ster Michael Douglas. 

Siphiwe Sithole is nie ’n gewone boer nie. Sy het haar kantoor verruil vir ’n lewe na aan die grond, en sy is die stigter van African Marmalade, ’n organiese boerdery.  

Anna Trapido is ’n antropoloog en het by die Prue Leith Chef’s Academy haar opleiding as sjef ontvang. Sy is ’n kosskrywer, uitsaaier en skrywer van Hunger for Freedom en Eat Ting.  

Karin Carstensen is ’n wetenskaplike en regulatoriese bestuurder van Woolworths. Sy het haar 30 gelede by die kettinggroep aangesluit en is vir die wetlike nakoming in die voedselafdeling verantwoordelik. 

Die paneelgesprek word gelei deur Caroline McCann, ’n prokureur wat ’n slagter geword het. Sy is die eienaar van Braeside Butchery en dien op die internasionale paneel van Slow Food International. 

REGISTREER HIER
Die gesprek is moontlik gemaak deur die Europese Unie-afvaardiging na Suid-Afrika

REGISTREER HIER


Meer oor:  Europese Unie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.