Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Willow Creek Olive Estate slaan goud los, plaaslik én oorsee

Willow Creek Olive Estate het weer eens hulself bewys as een van die top- Suid-Afrikaanse handelsname – op nasionale en internasionale vlak.

Die verskeie internasionale toekennings van een van die beste proe-panele en olyfolie-beoordelaars in die wêreld, dien as bewys van hul toewyding aan gehalte.

Philip Crous, uitvoerende hoof van Willow Creek Olive Estate, sê hy is baie trots op sy span se passie en toewyding. “Willow Creek Olive Estate se span het aangehou met hul harde werk, meer as tevore vanjaar, om die beste ekstrasuiwer olyfolie te vervaardig. Ons bly een van die vooraanstaandes in dié bedryf met ’n wêreldklas-span.”

Terraolivo IOOV (internasionale olyfolie-kompetisie, Israel)

Willow Creek Olive Estate is bekroon met ’n prestige- goue toekenning vir hul Director’s Reserve Extra Virgin Olive Oil en ’n goue toekenning vir hul Estate Blend Extra Virgin Olive Oil.

Londoniooc (internasionale olyfolie-kompetisie, Brittanje)

Hier is hulle bekroon met ’n gouegehalte-toekenning vir hul Estate Blend Extra Virgin Olive Oil en ook ’n silwergehalte-toekenning vir hul Directors’ Reserve Extra Virgin Olive Oil.

Die L’Orciolo D’oro-toekennings (internasionale olyfolie-kompetisie, Italië)

Die Director’s Reserve Extra Virgin Olive Oil sowel as die Estate Blend Extra Virgin Olive Oil het onderskeidings verower. Slegs tien onderskeidings is vanjaar toegeken per kategorie uit 5 000 inskrywings en 14 000 olies wêreldwyd. Willow Creek het weggestap met twee uit die tien toekennings.

Die Aurora International Taste Challenge 2020

Willow Creek Olive Estate het weer uitgeblink as een van die tophandelsname by die Aurora International Taste Challenge vanjaar en het die volgende verower:

  • Dubbelgoud: Estate Blend Extra Virgin Olive
  • Dubbelgoud: Black Olives with Rosemary & Garlic
  • Goud: Director’s Reserve Extra Virgin Olive Oil
  • Goud: Nuy Valley Blend Extra Virgin Olive Oil
  • Goud: Basil Flavoured Olive Oil
  • Goud: Lemon Flavoured Olive Oil
  • Goud: Jalapeno Flavoured Olive Oil
  • Goud: Truffle Flavoured Olive Oil

SA Olive-toekennings (plaaslike olyfolie-kompetisie)

Willow Creek se Estate Blend Extra Virgin Olive Oil het ’n silwermedalje huis toe geneem op vanjaar se SA Olive-toekennings om hul internasionale toekennings aan te vul.

Ander prestasies op hul kerfstok

Willow Creek het ook die Investment Group of The Year South Africa 2020-toekenning van ’n welbekende VK-gebaseerde maatskappy gekry.

Meer oor Willow Creek Olive Estate

Willow Creek Olive Estate is geleë in die skilderagtige Nuy-vallei in die Wes-Kaap.

Hul produkte, landgoed en mense word gekenmerk deur hul hoë standaarde. “Dít is hoekom Willow Creek Olive Estate gevestig is as ’n naam wat sinoniem is met ekstra suiwer olyfolie in Suid-Afrika,” sê Crous.

Willow Creek is egter soveel meer as net ’n olyfolie-vervaardiger. Hulle het ook ’n wye reeks ander produkte, insluitend gegeurde olies en balsemasyn-olies. Hul nuutste toevoeging is ’n reeks heerlike gede-alkoholiseerde (“de-alcoholised”) wyne wat perfek is vir enige geleentheid.

Hul proekamer is ook nou oop vir besoekers om dié bekroonde landgoed te kom ervaar.

“Vertroue, integriteit en gehalte – dit sal vir ewig ons verbintenis met ons kliënte wees,” sê Crous.

Besoek gerus www.willowcreek.co.za vir hul bekroonde produkte.

willow creek

Meer oor:  Olyfolie  |  Promosie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.