Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Wys jou staal deur Merino Monster in die Koue Bokkeveld aan te durf

Momentum Medical Scheme Tankwa Trek, aangebied deur Biogen (Tankwa Trek), is ’n vierdag-fietswedren in die Koue Bokkeveld wat in 2021 vir die negende keer aangebied word. Die uitdaging vind van 4 tot 7 Februarie 2021 plaas.

Fietsryers tydens die 2020 Momentum Medical Scheme Tankwa Trek wat deur Biogen (Tankwa Trek) aangebied is. Foto: ZC Marketing consulting

Hierdie multiskof-resies spog met ’n swaargewig nasionale en internasionale groep ryers wat jaarliks verskeie nasionale asook wêreldkampioene van ongeveer 30 verskillende nasionaliteite insluit.

Die Koue Bokkeveld, meer spesifiek die Kaleo-gasteplaas, is sedert jaar een die tuiste van die resies. Al vier skofte vertrek en eindig op die plaas.

Ceres is sagtevrugtewêreld en een van die besonderse eienskappe van die resies, is dat dit elke dag plaasvind in ’n gebied wat wesenlik verskil van die vorige of volgende dag – dit maak die skofte absoluut divers in geografie, plantegroei en selfs weersomstandighede.

Die plaaslike gemeenskap vorm al sedert die begin ’n integrale deel van die Tankwa Trek, aangesien hulle help met roetebeplanning, kosvoorbereiding, verskaffing van beamptes en waterpuntpersoneel. Die grootste deel van die roete bestaan uit enkelspoorpaadjies, wat natuurlik deesdae die kern vorm van enige hoog aangeskrewe byeenkoms se roetevoorlegging.

Die wedren begin met ’n proloog wat in en om Kaleo plaasvind en doelbewus uitgelê is om te voorsien in die behoeftes van die toeskouers. Die uitleg verseker dat toeskouers die ryers om elke hoek en draai kan aanskou.

Skof twee volg die kontoere van die welbekende Witzenbergvallei en is een van die langste skofte.

Op dag drie durf ryers die vreesaanjaende Merino Monster aan, wat seker een van die uitdagendste berge is om met ’n fiets aan te pak. Hier word die resies gewoonlik gewen of verloor.

Skof vier is enkelspoor-hemel en speel homself af in die Houdenbek-gebied nader aan die Cederberge, wat bekend is vir rotsagtige formasies en ongelooflike natuurskoon.

Dryland Event Management is die eienaars en aanbieders van die Tankwa Trek en hul vermoë om byeenkomste van hoogstaande gehalte aan te bied, is welbekend. Tydens die Tankwa Trek is die gehalte-aanbieding danksy die ondersteuning van borge Momentum Medical Scheme en Biogen net soveel beter.

Die wedren is ’n juweel op die byeenkomskalender van die Ceres-omgewing en dra geweldig by tot die ekonomie en toerismebemarking van die omgewing asook die groter Wes-Kaap.

Vir meer inligting besoek www.tankwatrek.co.za.

Meer oor:  Promosie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.