Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Promosie
Country-musiek sal weerklink op Madeliefie Makietie-fees

Die Weskus is besig om vinnig die countryhartland van Suid-Afrika te word met countrymusiek wat by die Madeliefie Makietie-fees op die prentjiemooi kusdorp Strandfontein gehoor sal word.

Vanjaar se Madeliefie Makietie, die grootste fees aan die Weskus, spog met van Suid-Afrika se voorste kunstenaars wat saam op dié fees se verhoog gaan wees. Op 25 en 26 Oktober verander Strandfontein in ’n miernes van feesgangers en topkunstenaars wat saamkuier. Dit is hier, naby aan die natuur, waar menswees en musiek opreg gevier word met ’n feesprogram propvol aktiwiteite.

Op Vrydag 25 Oktober gaan feesgangers bederf word met countrymusiek wanneer die gewilde sangpaar Wynand en Chereé, asook Tommy Dell en Dennis East die naweek op ’n hoë noot sal afskop.

Wynand en Chereé
Wynand en Chereé
Ricus Nel
Ricus Nel
Tommy Dell
Tommy Dell
Dennis East
Dennis East

“Strandfontein en die Madeliefie Makietie lê ons na aan die hart en ons kan nie wag om weer op dié ongelooflike mooi kusdorp in aksie te wees nie,” sê Wynand Strydom.

Dié getroude sangpaar woon self aan die Weskus en is opgewonde dat die grootste fees in dié gebied ook hul countryvriende en kollegas Dell en East op die feesprogram ingesluit het.

“Country lê ons baie na aan die hart en dis wonderlik dat die countryklanke sommer so ’n paar ure ná mekaar op die Madeliefie Makietie-feesterrein gehoor sal kan word,” sê Chereé opgewonde.

Ná afloop van Wynand en Chereé se optrede is Ricus Nel, wat self bekend is vir sy besonderse vertolking van ou countrygunstelinge, ook op die program.

“Ek kan nie wag vir dié fees nie. Dit is so ’n mooi dorp en om op daardie verhoog met die asemrowende agtergrond van die natuur te kan staan is ’n voorreg,” sê hy.

“Ek gaan beslis ook ’n paar countryliedjies in my vertoning insluit en feesgangers moet solank regmaak om ‘Boerepompie’ én ‘Hardekole’ saam met my te sing.”

Van die ander gewilde kunstenaars wat die naweek gaan optree, is Jay du Plessis, Caroline Grace, Early B, Appel, Ivan Roux, Sunset Sweatshop, Dobbelsteun, Jan Bloukaas, Rinus Goosen, Dawid Sadie, Jaco Losgelaat, Johan Myburgh en KayCee.

Benewens die room van die Suid-Afrikaanse kunstenaars waarna daar uitgesien kan word, is al die stalletjies by dié fees ook ’n jaarlikse hoogtepunt. Tesame met die binnenshuise stalletjies, die Liefie-mark, gaan feesgangers hul hande – en monde – vol hê met verskeie handgemaakte items, heerlike tuisgebak, ingelegde produkte en wyn wat geniet kan word. Daar is ook ’n pretpark met ses verskillende ritte wat reeds die dag voor die fees op Donderdag 24 Oktober open. Dit is die grootste pretpark tot nog toe wat by dié fees aangebied gaan word.

Madeliefie Makietie
Madeliefie Makietie
Madeliefie Makietie
Madeliefie Makietie

Terwyl feesgangers hulle verlustig aan alles op die feesprogram kan hulle ook by Netwerk24, vanjaar se hoofmediavennoot, se woonwa ’n draai gaan maak om meer oor dié nuusplatform te leer en as intekenaar aan te sluit.

Besoek madeliefiemakietie.co.za vir meer inligting, die volledige program en om jou verblyf te bespreek. Kaartjies is by Computicket, Shoprite/Checkers en House & Home te koop of bel 0861 915 8000.

Bly op hoogte van die jongste Madeliefie Makietie-nuus op Facebook, Twitter en Instagram.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.