Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Banke, kleinhandel styg ná verbruiker se verligting

Banke en kleinhandelaars se aandeelpryse het stewig gestyg nadat belastingverligting vir verbruikers in Woensdag se begroting aangekondig is.

Tito Mboweni

Absa het met 3,5% gestyg; Nedbank met 2,7%; Standard Bank met 2% en Firstrand met 1,7% omdat dit normaalweg beteken verbruikerskuld word beter terugbetaal.

Shoprite; Pick n Pay, Woolworths en die Foschini-groep het met meer as 3% gestyg terwyl Spar-groep en Truworths met meer as 2,2% op is.

Die verligting aan verbruikers spruit uit die persoonlike inkomstebelastingkerwe wat bo inflasie verhoog is, en wat in effek ’n belastingverligting van R2,2 miljard is. Die meeste van die verligting is vir laer- tot middelinkomste-huishoudings.

Die komplimente het ingestroom van ekonome oor die begroting wat Mboweni voorgelê het.

“Goed so aan die minister van finansies om sy hakke in te slaan; in plaas daarvan om onder voortdurende druk te swig om meer te bestee, bly hy standvastig streef na fiskale dissipline,” sê Ettienne Le Roux, RMB se hoofekonoom. “Perke op besteding is steeds ’n doeltreffender instrument as belastingverhogings om die stabilisering van skuld te bewerkstellig. In hierdie opsig is dit welkome nuus dat die voorstel van verlede jaar om ’n bykomende R40 miljard op mediumtermyn in te samel deur belastingmaatreëls, onttrek is.”

Ook die nuus oor die groei in die staat se salarisrekening wat onder inflasie gehou gaan word, is verwelkom.

Nazmeera Moola, hoof van Suid-Afrikaanse beleggings, en Peter Kent, mede-hoof van vaste-inkomstebeleggings van Ninety One, sê dis ’n “uitstekende begroting in ’n baie moeilike jaar”.

Die mark het die nuus oor staatskuld dopgehou. Hulle sê die regering se plan om die uitreiking van skuld te verminder, word as ’n “uiters positiewe teken” beskou.

In die komende boekjaar bestee die staat reeds R1 van elke R5 wat uit belasting ingesamel word aan die koste om die rente op staatskuld te diens. “Die oplossing om die rente te verminder is om minder skuld uit te reik.”

Die rand het in ’n stadium nadat Tito Mboweni, minister van finansies, met sy begrotingsrede begin het, met meer as 1% versterk tot R14,39, maar later weer teruggesak na waar dit was.

Bianca Botes, uitvoerende direkteur van Citadel Global, sê die rand was aanvanklik gelukkig oor die begroting maar het toe teruggesak na die inligting ingesak het soos oor die grootste belasting tekort in die geskiedenis.

Meer oor:  Tito Mboweni  |  Rand  |  Markte  |  Dollar  |  Begroting2021  |  Geldeenheid  |  Beleggers  |  Wisselkoers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.