Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting 2018
Begroting: tekort op hoogste vlak in 14 jaar

Suid-Afrika se begrotingstekort was in Julie op sy hoogste vlak sedert 2004 omdat swak ekonomiese groei die insameling van belasting kortwiek.

Nhlanhla Nene, minister van finansies.

Die land het ’n begrotingstekort van R95,98 miljard in Julie aangeteken, sê die tesourie in ’n verklaring.

Dit is die grootste tekort sedert Bloomberg die data begin aanteken het.

Vir die boekjaar tot op datum is die opgehoopte tekort R5 miljard minder as in 2017.

Die ekonomie het in die eerste kwartaal gekrimp en die tekort op die lopende rekening wat vergroot het, beklemtoon die land se kwesbaarheid teen die uitvloei van kapitaal.

Mynbouproduksie, wat eens die enjin van die ekonomie was, het gedaal en vervaardiging en verbruikersbesteding sukkel om die gaping te vul wat deur verlaagde mynbouproduksie gelaat word.

’n Groeiende tekort op die begroting lê pres. Cyril Ramaphosa se vermoë aan bande om besteding aan infrastruktuur en maatskaplike kwessies te verhoog.

“Dit lyk of daar ’n voortdurende onderprestasie van maatskappybelasting is en die ekonomie se veerkragtigheid het nie verbeter soos die tesourie gehoop het nie,” sê Jeffrey Schultz, ekonoom by BNP Paribas in Suid-Afrika.

Hy meen die tesourie sal geen ander keuse hê as om sy voorspelde begrotingstekort in die mediumtermynbegrotingsraamwerk opwaarts aan te pas nie.

Die tesourie voorspel ’n tekort van 3,6% van die bruto binnelandse produk vir die huidige boekjaar.

Die regering het belasting op toegevoegde waarde (BTW) met een persentasiepunt tot 15% verhoog om die tekort van meer as R50 miljard te probeer aanvul. Dis die eerste keer sedert 1993 dat die BTW-koers verhoog is.

Faktore wat tot die tekort bygedra het, sluit in lae sake- en verbruikersvertroue, kommer oor korrupsie en swak regering, groeiende belastingontduiking en administratiewe probleme by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens. – Bloomberg

Meer oor:  Begrotingstekort  |  Belastinginkomste  |  Belasting  |  Begroting  |  Tesourie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.