Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Brandstof: Só lyk die pyn by die pomp in April
Die petrolprys gaan sonder twyfel in April styg.

Die pyn by die petrolpomp gaan nie in April so erg wees as wat verwag is nie, maar ’n nuwe belasting op brandstof word in Junie ingestel: die koolstofbelasting.

Dié nuwe belasting gaan 9c per liter petrol en 10c per liter diesel beloop en sal van 5 Junie geld. Geen dieselrabatte sal daarteen geëis kan word deur boere en ander grootmaat-kopers van diesel nie.

Die koolstofbelasting hou verband met die wet oor koolstofbelasting wat Dinsdag goedgekeur is en ook in Junie van krag word.

Wat April se pyn betref, staan sake só:

  • Die Padongelukkefondsheffing styg met slegs 5c per liter.
  • Die algemene brandstofheffing styg ook met minder as in vorige jare, met 15c per liter.
  • Dit beteken die totale styging op 3 April voordat die maandelikse verandering weens oliepryse en die rand-dollar-wisselkoers bygereken is, sal 20c per liter wees.
brandstofpryse

Die styging in die Padongelukkefondsheffing is baie minder as wat gevrees is – ontleders het tussen 20c en 70c per liter voorspel.

Die voorspellings is gegrond op die waarskuwing in die mediumtermynbegrotingsraamwerk in Oktober dat die Padongelukkefonds dringend ’n kontantinspuiting nodig het.

Die begrotingsoorsig herhaal weer hoe benard die posisie van die fonds is. Sy totale tekort verswak teen 18,5% per jaar en sal teen 2022 R402 miljard beloop. Die fonds se gemiddelde jaarlikse tekort is R53,3 miljard.

Die Padongelukkefonds is die fonds wat mense vergoed vir beserings en sterftes weens motorongelukke.

Meer oor:  Tito Mboweni  |  Begroting 2019  |  Petrolprys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.