Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
BTW op brandstof word beplan
Fuel consumption showing empty petrol tank. (Photo
'n BTW-heffing op brandstof word beplan. Foto: Getty Images

Die regering benut die klimaatkrisis om vanjaar ekstra belastinginkomste in te vorder. ’n Besprekingsdokument oor onder meer die moontlike heffing van BTW op brandstofverkope is boonop op pad.

Koolstofbelasting gaan vanjaar met 5,6% verhoog word van R120 per ton koolsuurgas tot R127 per ton, die plastieksakheffing word meer as verdubbel tot 25c per sak, die belasting op die kweekhuisgasvrystellings van voertuie word verhoog tot R120 per gram koolsuurgas per kilometer en die heffing op die ou soort gloeilampe word van R8 tot R10 verhoog.

Die besprekingsdokument oor fiskale hervorming van omgewingsbelasting wat die regering gaan publiseer, sal die potensiaal vir nog nuwe omgewingsbelasting en wysigings aan bestaande meganismes ondersoek.

Dit sluit in:

  • Die herstrukturering van die algemene brandstofheffing om ’n komponent in te sluit oor plaaslike lugbesoedeling.
  • Die verligting van verkeersknope deur tariewe op padgebruik te hef en ’n jaarlikse koolsuurgasbelasting op voertuie. Die ontwerp van so ’n stelsel word gedoen saam met die departement van vervoer en provinsiale regerings.
  • Die BTW-vrystelling op vervoerbrandstowwe word oorweeg. Mense sal dus in die toekoms straks BTW op brandstofaankope moet betaal. Die regering beskou die BTW-vrystelling op brandstof as ’n subsidie van fossielbrandstowwe.
  • Produkbelasting op elektriese en elektroniese afval word oorweeg.
  • Die belastinghantering van maatskappyvoertuie sal hersien word om mense aan te moedig om meer brandstofdoeltreffende voertuie aan te skaf.

Die koolstofbelasting het in Junie verlede jaar in werking getree toe die wet op koolstofbelasting van krag geword het. Dié belasting word deur groot kweekhuisgasvrystellers soos brandstofmaatskappye, mynmaatskappye en sementvervaardigers betaal op grond van hul kweekhuisgasvrystellings bokant ’n sekere perk. Die koste daarvan word egter uiteindelik van verbruikers verhaal.

Meer oor:  Ekonomie  |  Btw  |  Belasting  |  Begrotingsrede  |  Brandstof  |  Brandstofheffing  |  Begroting2020  |  Taks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.