Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Cosatu ‘teleurgesteld’ in Tito se toespraak
finance ,finance minister ,tito mboweni,mid-term b
Tito Mboweni tydens sy begrotingsrede in Oktober. Foto: Gallo Images

Die vakverbond Cosatu is “uiters teleurgesteld” in wat hy die regering se “skokkend swak en onvoldoende” mediumtermynbegrotingsraamwerk noem.

Die regering het g’n ernstige plan op die tafel om die ergste ekonomiese krisis sedert 2008 en die ernstigste bedreiging vir staatsondernemings sedert 1994 op te los nie, sê Matthew Parks, Cosatu se parlementêre verteenwoordiger.

Hy is veral krities daaroor dat Tito Mboweni, minister van finansies, nie verwys het na die vordering wat gemaak is sedert die Werkeberaad en die beleggingskonferensies van 2018 nie. Daar is nie ’n teiken vir nasionale werkskepping genoem nie, en die tesourie het geen reaksie op die jongste werkloosheidsyfer van 29% getoon nie.

Volgens Parks is Cosatu wel in sy skik dat die regering die sogenaamde “anti-werker-aanvalle” uit die tesourie se ekonomiese strategiedokument verwyder het.

’n Tweede weergawe van dié beleidsdokument sou Woensdagmiddag uitgereik word.

Cosatu is vies dat die tesourie nie verslag doen oor hoe die private sektor die subsidies en aansporings vir die indiensneming van jong mense bestee het en hoeveel werkgeleenthede gered en daarmee geskep is nie.

Volgens Cosatu lê baie van dié maatskappye eerder werkers af of hulle hersirkuleer bestaande poste bloot om toegang tot die subsidies te kry.

Cosatu blyk ook erg gekant te wees teen Mboweni se planne om staatsbesteding in te kort.

Parks kritiseer Mboweni se gissings dat dit nie die moeite werd is om die Suid-Afrikaanse Lugdiens langer aan die gang te hou nie.

“Hoe gaan die SAL beleggers lok as die minister sê dit is nie die moeite werd nie?”

Cosatu verwerp verder die tesourie se poging om die staatsdienssalarisrekening in bedwang te hou.

Meer oor:  Cosatu  |  Staatsbegroting  |  Minister Van Finansies  |  Mtbr2019  |  Tesourie  |  Staatskuld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.