Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Cyril beslis: ‘G’n verhoging vir dié amptenare’

Die Nasionale Vergadering (NV) het pres. Cyril Ramaphosa se voorstel dat openbare amptenare nie verhogings kry nie, Donderdag goedgekeur.

Pres. Cyril Ramaphosa Foto: Getty Images

’n Voltallige vergadering van die NV het ingestem tot Ramaphosa se voorstel dat regters, landdroste, die openbare beskermer en haar adjunk, asook kommissarisse van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) nie verhogings vir die 2020-’21-boekjaar ontvang nie.

Enige verhogings sou terugwerkend van 1 April 2020 tot 31 Maart 2021 toegepas moes word.

Daar is reeds verlede jaar besluit dat Ramaphosa en sy kabinet geen verhoging kry nie, asook premiers.

Ramaphosa het in ’n brief op 13 April aan Thandi Modise, speaker van die NV, geskryf dat hy die voorstel vir geen verhogings amptelik maak.

Ramaphosa is aangemoedig deur die voorstel van die Onafhanklike Kommissie vir die Vergoeding van Openbare Ampsdraers (ICRPOB), wat bevind het Suid-Afrika se geldsake is in ’n te benarde situasie om terugwerkende verhogings toe te pas.

“Die kommissie het die fiskale toestand van die land, die staat se salarisrekening en die impak van die salarisverhoging van openbare ampsdraers op die fiskus en algemene ekonomiese status van die land, wat negatief deur die Covid-19-pandemie beïnvloed is, oorweeg, en ’n 0%-salarisverhoging vir die boekjaar aanbeveel.”

Die aanbeveling vir regters en landdroste moet nog deur die Nasionale Raad van Provinsies bekragtig word, maar die NV het die laaste sê oor die vergoeding van die openbare beskermer, haar adjunk en die MRK-kommissarisse.

Meer oor:  Staatsamptenare  |  Salarisse  |  Begroting2021  |  Begrotingsrede  |  Begroting  |  Tesourie  |  Staatsdiens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.