Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting 2018
DA begin stryd teen styging in BTW
Mmusi MaimaneFoto: Daily Sun

Die DA het begin met ’n petisie om die styging in BTW te herroep.

Die begroting wat Woensdag ter tafel gelê is, is nadelig vir die armes en dit is ’n aanslag op veral armes en werkloses, het Mmusi Maimane, DA-leier, Saterdagoggend by ’n saamtrek in Tshwane gesê.

Die styging in BTW – van 14% na 15% – is ’n bewys dat die regering gewone Suid-Afrikaners vir sy wandade boelie, het hy gesê. Dit wys ook daar is geen ware veranderinge in die ANC-regering nie.

“Die ANC kan nie die publiek se geld steel en dan verwag ons, die mense, moet daarvoor opdok nie.”

Pleks dat die regering die vet sny – onnodige verkwisting van geld en uitermate groot departemente – en fokus op groei, het die ANC nou besluit om dienste aan armes te sny, insluitend behuising, opvoeding, polisiëring en plaaslike en provinsiale regering, sê Maimane.

“Die styging in BTW met een persentasiepunt beteken in effek dat ons 7,14% meer aan belasting op daaglikse produkte en dienste sal moet betaal.”

Dít, tesame met ’n styging in die brandstofheffing, gaan voedsel en vervoer ook duurder maak.

“Dit sal nou nóg duurder wees om werkloos in Suid-Afrika te wees. Vir die kwesbares sal die lewe moeiliker word in die komende maande.”

Volgens StatsSA bestee arm huishoudings tot 30% van hul inkomste aan kos, terwyl ryker huishoudings net 10,5% daarvan aan kos bestee.

“’n Verhoging in BTW vererger net dié ongelykheid tussen dié wat het en dié wat nie het nie.”

Die petisie, wat op die DA se webblad geteken kan word, sal na verwagting voor 1 April ter tafel gelê word.

Meer oor:  Mmusi Mai­Mane  |  Btw  |  Belasting  |  Begroting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.