Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Die geld is op – vir almal, sê tesourie

Dondo Mogajane, direkteur-generaal van die nasionale tesourie, moes Dinsdag bontstaan om te verduidelik waarom die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) kla dat hy jaarliks R800 miljoen te min geld kry om sy werk te doen.

Dondo Mogajane, direkteur-generaal van die tesourie. Foto: Getty Images

Mogajane het aan die parlement se staande komitee oor finansies verduidelik dit is nie die nasionale tesourie se skuld dat die SAID te min geld het om sy uitgawes van meer as R10 miljard per jaar te dek nie.

Hy sê die staat het nie meer geld nie, en alle departemente se begrotings word deur die bank gesny.

“Dit is nie net die SAID wat kla hulle het te min geld nie. Die polisie, die nasionale vervolgingsgesag en ander kom kla ook by die tesourie hulle het te min geld, maar hulle sal moet regkom met wat hulle het. Die geld is op.”

Mogajane het ook gekla oor hoe die tesourie moet sukkel om bekwame personeel te behou omdat hulle maklik weggerokkel word deur die private sektor of buitelandse instansies. Dit is terwyl munisipaliteite en ander staatsdepartemente gedurig by die tesourie aanklop vir hulp om bekwame mense te stuur om hul geldsake te kom help regruk.

Laura Mseme, hoofdirekteur vir strategiese beplanning by die tesourie, sê 11,8% van die tesourie se poste is vakant. Uit die personeel van 1 045 is 88% swart, 59% is vroue en 0,76% is mense met gestremdhede.

Geldsake

Mogajane het gewaarsku dat die begrotingstekort as persentasie van die bruto binnelandse produk van 4,7% in 2019 tot 6,8% in 2020 gestyg het, en daarna tot meer as 14% in die aangepaste begroting van Junie. Dié syfer kan in die mediumtermynbegrotingsraamwerk later vandeesmaand nog slegter lyk.

Volgens hom doen die tesourie wat hy kan om munisipaliteite by te staan met hul swak geldbestuur. Daar is 1 600 aktiewe internskappe by die 257 munisipaliteite, en daar is 30 mense wat by die akademie vir geoktrooieerde rekenmeesters opgelei word. Die projek behoort oor die volgende paar jaar te begin vrugte afwerp namate dié mense by munisipaliteite ontplooi word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.