Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
E-tol: Lyk of dit hier is om te bly
e-tol, sanral
Die elektroniese tollenaars in die nag. Foto: Quickpic

Dit lyk asof die e-tolstelsel op Gautengse hoofweë daar is om te bly.

Tito Mboweni, minister van finansies, het Woensdag in sy begrotingsrede niks oor die omstrede stelsel, waarteen inwoners, vakbonde en politieke partye gekant is, genoem nie, maar in die begrotingsoorsig wat aan joernaliste verskaf is, kondig hy aan dat “R1,9 miljard oor die volgende drie jaar toegeken sal word om op te maak vir die verminderde tariewe in die Gautengse Snelweg-verbeteringsprojek”.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) kry oor die volgende drie jaar R64,6 miljard.

Hiervan sal R35,4 miljard gebruik word om nie-tolpaaie te bou of te verbeter. Sowat R3,4 miljard word toegeken vir die konstruksie van die N2 Wildekus-hoofweg en R2,5 miljard om die R573 (of Molotoweg) noord van Pretoria op te gradeer.

Meer oor:  Ekonomie  |  Belasting  |  Begrotingsrede  |  Begroting2020  |  E-Tol
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.