Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
‘Geen oorlog nodig’ oor staat se salarisse
Cosatu is Suid-Afrika se grootste vakverbond. Foto: Getty Images

Vakbonde hoef nie “oorlog te verklaar” teen die regering se planne om die staat se salarisrekening oor die volgende drie jaar met R160,2 miljard te besnoei nie, sê dr. David Masondo, adjunkminister van finansies.

Hy het Woensdag gereageer nadat Tito Mboweni, minister van finansies, die besnoeiing van amptenare se salarisse as deel van die kostebesparingsplanne vir die regering in sy begroting aangekondig het.

Masondo sê dit is nie net gewone werkers wat die ergste deur die besparingsplanne geraak sal word nie.

“Ons moet as ’n kollektief ’n oplossing vind. Indien nie, loop ons die gevaar om verder afgradeer te word. Dit sal die lewe vir ons almal baie moeiliker maak.”

Dit is die eerste keer dat ’n minister van finansies vakbonde regstreeks oor dié kwessie in ’n begrotingsrede takel.

Kort voordat hy sy begrotingsrede in die parlement gelewer het, het Mboweni aan joernaliste gesê hy geniet politieke steun vir sy planne.

“Ek kan dít sonder enige vrees, begunstiging of vooroordeel sê. Ek het vanoggend een van die beste kabinetsvergaderings gehad toe ek die begroting aan die kabinet voorgelê het. Ek het hul volle ondersteuning gekry.

“Gewoonlik neem mense sterk standpunt op sulke kabinetsvergaderings in. Maar vandag het hulle dit waardeer dat ons so streng standpunt inneem oor die rigting waarin ons die land wil stuur. Dit is wonderlik.”

Masondo sê die land kan nie die huidige salarisooreenkomste vir staatsamptenare bekostig nie. “Daardie skikking het groot implikasies vir ons vermoë om dienste te lewer. Dit is waarom ons die kwessie amptelik in die bedingingsraad vir die staatsdiens op die tafel geplaas het.

“Ons sal met georganiseerde arbeid onderhandel.”

Volgens hom is die kleiner salarisrekening, wat bykans 35% van die nasionale begroting opneem, net een van verskeie maniere om staatsuitgawes te verminder.

Nog ’n maatreël is dat geen openbare ampsdraer soos ministers, premiers, LPW’s en burgemeesters in 2020-’21 verhogings kry nie.

Mboweni het veral oor die voordele van ministers uitgevaar en bygevoeg dat dit hersien moet word.

“Ons betaal iemand geld waarmee hy of sy self ’n motor kan koop. Hoekom koop ons dan nog vir so persoon ’n ampsmotor om hom of haar by die werk te kry?

“Gewone mense wat werk, koop self huise, motors, selfone en ’n pak klere. Hoekom moet ander mense dan anders behandel word?"

Verlede week het dit bekend geword dat pres. Cyril Ramaphosa ’n aanbeveling verwerp het dat ministers en LP’s se salarisse met sowat 4% in die 2020-’21-boekjaar verhoog word.

Ramaphosa het aanbeveel dat geen minister ’n verhoging kry nie, en LP’s net 2,8%.

Die DA het vroeër gesê dié besluite sal geen verskil maak aan die salarisrekening nie tensy die salarisse van die sowat 29 000 middel- en senior bestuurders in die staatsdiens, wat elk meer as R1 miljoen per jaar verdien, ook bevries word.

Mboweni het in sy begrotingsoorsig gesê staatsamptenare se salarisse het die afgelope 12 jaar met sowat 40% gestyg. “Groei in die salarisrekening het begin om geld weg te neem van kapitaalprojekte vir toekomstige groei en items wat noodsaaklik vir dienslewering is."

Meer oor:  Staatsamptenare  |  Staatskuld  |  Salarisse  |  Belasting  |  Begrotingsrede  |  Begroting2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.