Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Gigaba kom onder skoot in parlement
Malusi Gigaba, minister van finansies. Foto: Jaco Marais

Hy kon nie ’n “Comical Ali” op die volk speel nie, het Malusi Gigaba, minister van finansies, voor ’n gesamentlike sitting van die parlement se finanskomitees gesê.

Dit is ’n verwysing na die Irakese minister van inligting wat tydens Amerika se inval in Irak in 2003 op televisie vertel het alles is wel, terwyl Saddam Hoesein se bewind in werklikheid aan die verkrummel was.

“Ons kan nie die moeilike besluite neem deur vir onsself te lieg nie.”

Gigaba gee toe sy boodskap Woensdag in die mediumtermynbegrotingsraamwerk was negatief en somber, maar as hy nie openhartig was oor die ware toedrag van die staatsfinansies nie, sou hy van oneerlikheid beskuldig word.

David Maynier, DA-woordvoerder oor finansies, sê dit lyk asof die belangrike besluite uitgestel word tot ná Desember, en dié besluite moet dan geneem word deur ’n nuwe “geheime” ministerskomitee. Hy wou weet presies watter ministers in die komitee sal dien.

Gigaba is gevra of die belastingtekort van R50 miljard nie neerkom op ’n slegte vertoning deur Tom Moyane, kommissaris van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), nie.

Alf Lees van die DA het gevra hoe die tesourie beoog om die verkoop van die staat se Telkom-belang te bestuur.

Yunus Carrim, voorsitter van die staande komitee oor finansies, het gevra Gigaba moet die “streng voorwaardes” vir staatswaarborge aan staatsondernemings openbaar maak om beleggers gerus te stel.

Brandon Topham van die DA sê dit blyk “die gans wat die goue eiers lê, is nog nie dood nie, maar lê in die hospitaal met anoreksie”.

Topham het gevra of die SAID nog so ’n wêreldklasinstelling is as wat dit in die verlede was. Carrim het gewaarsku die SAID het sy jaarverslag nog nie ingedien nie, en hy het verneem die SAID het die ouditeur-generaal hof toe gesleep.

“Ons kan nie dat die SAID so optree nie. Sorteer jul sake uit,” het Carrim gesê.

Gigaba het ontken die ANC se leierskongres in Desember verlam die begrotingsproses. Hy ontken moeilike besluite is uitgestel. “Om R40 miljard te vind om begrotingsgapings te vul, is nie maklik nie. Dit gaan nie bereik word deur net reiskoste of sulke goed te beperk nie.

“Die president se fiskale komitee werk reeds aan voorstelle wat teen Februarie se begroting gereed moet wees.”

Groot kapitaalprogramme kan gesny word om te probeer keer dat die skuld-tot-BBP-verhouding teen 2022 60% bereik.

Die lede van die fiskale ministerskomitee is:

  • Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling 
  • Mmaloko Kubayi, minister van kommunikasie 
  • Gigaba 
  • Sfiso Buthelezi, adjunkminister van finansies 
  • Jeff Radebe, minister van beplanning 
  • Pres. Jacob Zuma  
  • Adj.pres. Cyril Ramaphosa

Hulle is nie daar uit hoofde van hul portefeuljes nie, maar vir die bydraes wat hulle kan lewer.

Meer oor:  Nasionale Tesourie  |  Zuma  |  Gigaba  |  Mtbr2017
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.