Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Groot kommer oor duurder brandstof
Nog voordat die uitwerking van die rand of olieprys verreken is, word brandstof in April 52c per liter duurder. Foto: Theo Jephta

Die Automobiel Assosiasie van Suid-Afrika (AA) is baie besorg oor die skerp styging van altesame 52c per liter in die twee brandstofheffings.

Dit verhoog die huidige heffing op brandstof met 11% tot R5,30.

Die algemene Padongelukkefonds styg met 30c per liter en die algemene brandstofheffing met 22c per liter.

Die AA sê in ’n verklaring hy het in Januarie die regering gewaarsku om die impak van verhogings in die brandstofheffing op die armes in ag te neem. “Ons het toe gesê stygings moet in pas wees met inflasie, wat nou op sy laagste vlak is sedert Maart 2015 (op 4,4%), maar pleks daarvan is die styging meer as dubbel die huidige inflasiekoers.”

Die AA sê dit sal ’n ekstra las op alle padgebruikers plaas, maar veral op armes wat op openbare vervoer staatmaak.

Die styging in die heffings kanselleer die verlaging in die petrolprys in Januarie uit, asook die AA se vooruitskatting van ’n daling van 28c in Maart.

Die onafhanklike landbou-ekonoom Fanie Brink wys op sy beurt op die dieselkorting vir die landbou wat met 38,8c per liter styg en wat deels verligting vir boere bring.

“Die landbou kry 40% (8,8c per liter) van die verhoging in die brandstofheffing van 22c per liter terug in die korting, asook die totale styging van 30c per liter in die heffing vir die Padongelukkefonds. Die totale dieselkorting sal ná die verhoging nou R3,22 per liter beloop op die diesel wat boere vir landbouproduksie gebruik.”

Brink sê die dieselkorting van 20c per liter wat die landbou vir baie jare voor 1994 ontvang het, is deur die nuwe regering afgeskaf. “Ná lang gesprekke met die nasionale tesourie deur Agri SA en Graan SA is ’n korting van 42c per liter weer April 2001 ingestel en dit is daarna elke jaar verhoog volgens die ooreenkoms wat met die regering bereik is.”

Neil Roets, uitvoerende hoof van die skuldberadingsfirma Debt Rescue, waarsku ook oor die negatiewe impak wat die verhoging in die brandstofheffing op alle Suid-Afrikaners sal hê.

Meer oor:  Aa  |  Fanie Brink  |  Malusi Gigaba  |  Begroting  |  Brandstof  |  Brandstofheffing  |  Begroting 2018  |  Padongelukkefonds  |  Petrolprys  |  Brandstofpryse
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.