Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Hersiene wet wat ekspats se taks raak, uitgereik

Die Wysigingswetsontwerp op Belastingwette is Woensdag saam met die mediumtermynbegrotingsraamwerk uitgereik.

Die wysigingswetsontwerp bevat die voorstelle wat deur die nasionale tesourie aanvaar en aan die parlement se staande komitee oor finansies gekommunikeer is.

Ingevolge die wetsontwerp sal die wet gewysig word om die eerste R1 miljoen van buitelandse vergoeding per belastingjaar vry te stel van belasting. Die voorwaarde is egter dat so ’n persoon oor ’n tydperk van 12 maande vir langer as 183 dae buite Suid-Afrika is, of vir ’n aaneenlopende 60 dae.

Die nasionale tesourie het omvattende konsultasie gedoen oor die voorgestelde wysigings met verskeie belangegroepe, volgens Emil Brickner, direkteur en nasionale hoof van Cliffe Dekker Hofmeyr se belastingpraktyk.

Die wetsontwerp bepaal ook dat die wysigings op 1 Maart 2020 in werking sal tree voordat die belastingkwytskelding wat tans op buitelandse werk geld, weggevat word.

Meer oor:  Ekspats  |  Belasting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.