Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Kommer oor Moody’s laat rand amper 4% verswak

Die rand het Donderdag vir die eerste keer in drie weke weer op R15 teen die dollar geopen ná sy skerp verswakking gister oor die treurige stand van die land se finansies.

finance ,finance minister ,tito mboweni,mid-term b
Tito Mboweni, minister van finansies, Woensdag buite die parlement voor hy die land ingelig het oor die stand van die staat se finansies tans. Foto: Gallo Images

Dit volg na sy skerp verswakking Woensdag met meer as 2% of 30c nadat Tito Mboweni, minister van finansies, die jongste inligting oor die stand van die land se finansies bekend gemaak het.

Die rand het Donderdagoggend verder verswak tot R15,18. Dit beteken die rand het van R14,61 voor Mboweni se toespraak met 57c of amper 4% omgekeer. 

Bianca Botes, ’n vennoot van Peregrine Treasury Solutions, het gesê die rentekoersverlaging wat die Amerikaanse Federale Reserweraad aangekondig het, het weinig gehelp om die mark te kalmeer. “Die rand het nie eens geaarsel nie.”

Sy het gesê die styging in die staat se skuldlas en die aanpassings aan die vooruitsigte vir ekonomiese groei het die rand se onlangse versterking omgekeer.

Investec Sekuriteite het in ’n nuusbrief Donderdagoggend gesê daar was niks goed in die beleidsverklaring oor die begroting vir die komende drie jaar (MTBR) nie.

“Dit lyk nou asof die kans groter is vir ’n volledige afgradering deur Moody’s in stede van net die vooruitsig dat dit verlaag gaan word.”

“Die uitermatige verhoging in die verhouding van skuld tot BBP maak dit wel byna ’n sekerheid dat Moody’s die vooruitsig vir die gradering van stabiel na negatief gaan verander.”

Investec Sekuriteite sê die reuse opwaartse hersiening van die rigting wat die skuld inslaan en ’n gebrek aan die besnoeiing in uitgawes maak ’n verdere afgradering van al die kredietagentskappe waarskynliker.

“Die MTBR is ongetwyfeld negatief vanuit die kredietgraderingsagentskappe se oogpunt.”

Dit word ook toegeskryf aan die “drastiese agteruitgang van die begrotingsyfers soos die begrotingstekort wat nou einde van die boekjaar Maart 2020 tot 5,9% gaan vergroot (voorheen is dit op 4,5% verwag).”

Dié begrotingstekort gaap nog wyer tot 6,5% in die daaropvolgende jaar en word dan vir nog twee jaar op dié vlak volgehou.

Meer oor:  Investec  |  Peregrine  |  Tito Mboweni  |  Begrotingstekort  |  Staatskuld  |  Begroting  |  Mtbr2019
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.