Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Landbou reageer positief en negatief oor begroting

Landbou-organisasies het Woensdag positief en negatief op die begrotingsrede van Tito Mboweni, minister van finansies, gereageer.

Dr. Theo de Jager, voorsitter van die landbou-organisasie Saai, het gesê hy is baie skepties oor die aankondiging dat Mboweni R500 miljoen in die begroting opsygesit het om die proses vir die herstel van grondregte te versnel.

“Daar is baie meer plase wat onder ‘onafgehandelde grondeise’ in die Staatskoerant gelys is as wat in die afgelope 20 jaar gekoop is.

Mielies op ’n plaas naby Fouriesburg in die Vrystaat.Foto: Sarel van der Walt

“Die totale begroting daarvoor is maar die helfte van wat die staat in ’n grondeis aan ’n enkele plaas, Mala-Mala, bestee het.

“Die staat se begroting vir grondeise vir die volgende drie jaar is trouens maar net 2% van dit waartoe (oudminister) Roelf Meyer hom deur sy nuutgestigte landbou-ontwikkelingsagentskap vir die ondersteuning van begunstigdes verbind het,” sê De Jager.

Agri SA sê hoewel die begroting op makrovlak positief is, is die “relatiewe bedrae (almal sowat R500 miljoen) wat Mboweni vir onder meer grondeise, bioveiligheid en ramphulp aangekondig het, “ongelukkig op die groot skaal baie klein”.

Agri SA sou groter bedrae wou sien, het dr. Requier Wait, Agri SA se hoof van beleid, ekonomie en handel, gesê.

“Droogtehulp is natuurlik altyd welkom, maar dit (die

bedrag van R500 miljoen wat voorlopig opsygesit is vir rampbestuur om die uitwerking van die onlangse vloede

en die voortslepende droogte die hoof te bied) is relatief min.

“Die groot kwessie is of die geld sal uitkom waar dit moet,” het Wait gesê.

Hy sê dit is positief dat Mboweni op ekonomiese groei gefokus het.

“Belasting – persoonlike belasting en maatskappybelasting – het nie te erg verander nie. Boonop is daar die salarisrekening van die staat wat Mboweni wil inperk. Dit alles is van kritieke belang om die ekonomie te stimuleer,” sê hy.

Op sy beurt sê TLU SA dit is verblydend om te sien dat Mboweni met die min beweegruimte tot sy beskikking tog daarin kon slaag om sekere positiewe seine uit te stuur.

“Ons is ingenome daarmee dat die minister ernstig aandag gee om die uitgawekolom van die begroting in balans met die inkomstekolom te bring,” sê Louis Meintjes, die president van TLU SA, in ’n verklaring.

“Maar ons sal moet kyk hoe dit in die praktyk realiseer.”

Die verhoging van 25 sent per liter in die brandstofheffing is vir TLU SA-lede – en die landboubedryf in geheel – altyd ’n slag. Dit sal vanselfsprekend ook ’n groot uitwerking op die ekonomie hê.

“TLU SA is wel tevrede dat R495 miljoen bewillig is om beter te voldoen aan biosekerheidsmaatreëls en uitvoer, veral in die lig van die katastrofiese gevolge van die bek-en-klouseer-uitbrekings,” sê Meintjes.

“Ons is egter bekommerd daaroor dat slegs R500 miljoen geoormerk is om die grondeise af te handel. Dit wys baie duidelik dat die regering dit nie oorweeg om onteiening met vergoeding deur te voer nie.

“Dié groot waarskuwingslig sal verdere onsekerheid en ’n negatiewe invloed op beleggersvertroue skyn.”

Dawie Maree, hoof van inligting en bemarking van FNB Landbou, het in ’n verklaring gesê gegewe die huidige moeilike ekonomiese klimaat, is die onmiddellike gevoel oor die begroting positief.

Meer oor:  Begrotingsrede2020
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.