Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Begroting
Lui om op staat se loonrekening te pik – Cosatu

’n Enkele kollektiewe loonooreenkoms vir die hele staatsdiens is nodig, en die regering behoort in goedertrou in die Bedingingsraad vir die Openbare Sektor met vakbonde te onderhandel.

Matthew Parks, die vakverbond Cosatu se parlementêre koördineerder.

Die huidige veeljarige loonooreenkoms behoort eerbiedig te word. “Sny eerder die buitensporige vergoedingspakkette van ampsdraers met 30%, skrap die ministeriële handboek en oorsese en sakeklasvliegkaartjies en reistoelae.”

Só het Matthew Parks, die vakverbond Cosatu se parlementêre koördineerder, Woensdag in die parlement gesê.

Hy het aan ’n gesamentlike vergadering van die parlement se finansiële komitees gesê die ware onderliggende oorsake vir die fiskale krisis is die 10% van die begroting wat weens korrupsie en vermorste besteding verlore is, die impak van staatskaping op die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, eindelose reddingsboeie vir staatsondernemings, en die stagnerende ekonomie en dalende belastinginkomste.

Dit is lui en onbehulpsaam van die nasionale tesourie om nou op die staatsdienssalarisrekening te fokus, meen Parks.

Nedlac

By die nasionale ekonomiese ontwikkelings- en arbeidsraad (Nedlac) is ooreengekom op ’n sosiale verdrag oor Eskom, wat Cosatu opgestel het, sê Parks.

Maar Cosatu is bekommerd dat daar nie ’n duidelike padkaart vir ander staatsondernemings is nie. Dit lyk ook asof die departement van kommunikasie steeds vertragings plaas in die uitbrei van ekstra breëband-internetspektrum.

Fanie Joubert, senior lektor in ekonomie aan Unisa en lid van die Fiskale Afgrond Studiegroep, het later tydens die vergadering gesê daar behoort meer deursigtigheid en openheid te wees oor wat alles by Nedlac gebeur, want ’n mens hoor net hierdie of daardie is by Nedlac besluit.

R350

Parks het intussen die besluit verwelkom dat die noodtoelae van R350 vir armes weens die koronavirusinperking tot Januarie verleng is. “Maar dit moet verder as Januarie betaal word en kan die basis vorm van ’n permanente inkomstetoelae, want mense gaan nie skielik in Januarie werk kry as die toelae ophou nie.”

Dit is die enigste bron van verligting vir mense wat op lang termyn werkloos is, het hy aangevoer.

Meer oor:  Cosatu  |  Verhogings  |  Staatsdiens  |  Ekonomie  |  Staatskuld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.